Waai­er­wilds­te­ak met kaas en pe­per­sous

Huisgenoot lae-koolhidraat - - Inhoud -

’n Fyn­proe­wer­weer­ga­we van die ge­wil­de kaasste­ak – op die ko­le.

1 wilds- of vol­struis­fi­let of -len­de van so­wat 800 g paar spek­vleis­re­pe OF par­ma­ham paar dun sky­we goed ver­ou­der­de ched­dar-, gruyè­re- of blou­kaas 250 ml (1 k) room sout en pe­per na smaak 10-15 ml (2-3 t) groen­pe­per­kor­rels knert­sie port of bran­de­wyn ge­ras­per­de kaas na smaak (die­self­de soort wat jy hier­bo ge­kies het, op­si­o­neel)

1 Sny die vleis in sky­we van 1,5 cm dik, maar nie reg­deur nie. 2 Plaas in al om die an­der gleuf óf ’n reep spek­vleis of par­ma­ham, óf die kaas. Bind die vleis toe met tou. 3 Giet die room oor en laat 2 uur staan. Geur met die sout en pe­per. 4 Ver­wy­der die vleis uit die room (hou die room een­kant) en draai die vleis in tin­foe­lie toe. Braai dit hoog bo die ko­le tot dit net gaar, maar steeds ef­fens pienk is (so­wat 10­15 mi­nu­te). 5 Giet in­tus­sen die room­sous in ’n ka­strol­le­tjie af, voeg die groen­pe­per­kor­rels en port of bran­de­wyn by en kook af tot geu­rig en ef­fens dik. Geur met die sout en pe­per. Ras­per ek­stra kaas by die sous in­dien ver­kies. 6 Knip die tou om die ste­ak los en sny dit. Sit die ste­ak voor saam met die groen­pe­per­room­sous.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.