Oond­ge­roos­ter­de hoen­der en groen­te

Huisgenoot lae-koolhidraat - - Inhoud -

Vir dié ge­reg ver­wy­der jy die hoen­der ná ’n half­uur uit die oond, voeg die groen­te by en roos­ter al­les dan nog ’n half­uur saam.

HOEN­DER

1 suur­le­moen 1 heel hoen­der hand vol vars ba­si­lie­bla­re sap van 2 suur­le­moe­ne grow­we seesout na smaak

GROEN­TE

¼ kop elk broc­co­li en blom­kool, in ste­aks ge­sny 4 murg­pam­poen­tjies, in lin­te ge­sny 6 ker­sie­ta­ma­ties 1 heel knof­fel­bol, ge­hal­veer sout 1-2 vars roos­ma­ryn­tak­kies, blaar­tjies af­ge­stroop 5 ml (1 t) o­lyf­o­lie

Voor­ver­hit die oond tot 230 °C. 1 Hoen­der Druk die suur­le­moen in die maag­hol­te van die hoen­der en druk die vars ba­si­lie­bla­re on­der die vel in. Drup die suur­le­moen­sap oor, sprin­kel die grow­we seesout daar­op en oond­braai 15 mi­nu­te. Ver­laag die tem­pe­ra­tuur na 180 °C en oond­braai nog so­wat 45 mi­nu­te tot die vel­le­tjie bros en die hoen­der gaar is. 2 Groen­te Pak die broc­co­li, blom­kool, murg­pam­poen­tjies, ker­sie­ta­ma­ties en knof­fel­bol in ’n en­kel­laag in ’n oond­pan en be­sprin­kel met die sout en roos­ma­ryn­blaar­tjies. Sprin­kel die o­lyf­o­lie oor en meng deur. Bak die laas­te so­wat 30 mi­nu­te saam met die hoen­der tot net gaar en nog ef­fens bros. 3 Druk die pu­ree uit die knof­fel­bol oor die groen­te en hoen­der uit en sit voor.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.