Vark­sa­tay met groen­te

Huisgenoot lae-koolhidraat - - Inhoud -

Hoe­wel die vark­vleis nie op s­tok­kies is soos vir tra­di­si­o­ne­le sa­tay nie, her­in­ner die grond­boon­geu­re in die ge­reg sterk aan hier­die Oos­ter­se hap­pies.

SA­TAY-SOUS

1 ui, fyn ge­kap 2 knof­fel­hui­sies, fyn ge­druk 10 ml (2 t) gem­mer, ge­ras­per 2 brand­ris­sies, ont­pit en fyn ge­kap o­lie 5 ml (1 t) fyn ko­myn 5 ml (1 t) fyn kol­jan­der 60 ml (¼ k) fyn grond­boon­bot­ter 15 ml (1 e) so­ja­sous 30 ml (2 e) suur­le­moen­sap 125 ml (½ k) klap­per­melk

VARK­VLEIS

bie­tjie so­ja­sous 560 g vark­fi­let, in gro­te­ri­ge stuk­ke ge­sny o­lie vir roer­braai 500 g groen­te soos soet­ris­sie, spi­na­sie, broc­co­li en sam­pi­oe­ne, in re­pies ge­sny grond­bo­ne en kol­jan­der­bla­re

1 Sous Braai die ui, knof­fel, gem­mer en ris­sies in die o­lie tot geu­rig. Voeg die an­der be­stand­de­le by en roer deur. Skep uit en hou een­kant. 2 Vark­vleis Giet in­tus­sen ’n bie­tjie so­ja­sous oor die vark­vleis en laat 10 mi­nu­te staan. 3 Ver­hit die o­lie in ’n wok en roer­braai die vark­vleis tot ef­fens bruin bui­te­om. 4 Giet die sa­tay-sous oor en laat so­wat 7 mi­nu­te prut. 5 Voeg die groen­te by en ver­hit tot gaar, maar bros. 6 Skep in bak­kies en sprin­kel die grond­bo­ne en kol­jan­der­bla­re oor.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.