Klap­per­pie­sang­brood

Huisgenoot lae-koolhidraat - - Inhoud -

Lek­ker ge­sond en voed­saam vir ’n kos­blik. In ’n lug­dig­te hou­er sal die brood ’n week in die yskas vars bly.

250 ml (1 k) klap­per­meel (lees die wenk op

bl. 26) 30 ml (2 e) ta­pi­o­ka­meel 125 ml (½ k) a­man­del­meel 10 ml (2 t) fyn ka­neel 10 ml (2 t) koek­so­da 1 ml (¼ t) seesout 125 ml (½ k) ge­kap­te ok­ker­neu­te 60 ml (¼ k) ro­sy­ne 2 taam­li­ke ryp pie­sangs

2 baie ryp pie­sangs 3 groot ei­ers 125 ml (½ k) klap­per­melk 125 ml (½ k) on­ver­soe­te ap­pel­moes 5 ml (1 t) va­niel­je-ek­strak 2 ml (¼ t) a­man­de­lek­strak klap­per om oor te sprin­kel

bot­ter of neut­bot­ter (lees die wenk) vir

voor­sit

Voor­ver­hit die oond tot 180 °C. Voer ’n brood­pan met bak­pa­pier uit of smeer goed, ver­kies­lik met klap­per­o­lie. Hou een­kant. 1 Meng die klap­per-, ta­pi­o­ka- en a­man­del­meel, ka­neel, koek­so­da en sout. Voeg die neu­te en ro­sy­ne by en roer tot die neu­te goed be­dek is. Hou een­kant. 2 Meng die 4 pie­sangs, ei­ers, klap­per­melk, ap­pel­moes en va­niel­je- en a­man­de­lek­strak in die voed­sel­ver­wer­ker en ver­werk tot baie glad. 3 Voeg by die meel-en-neut­meng­sel en meng tot net ge­meng – moe­nie oor­meng nie. 4 Giet die be­slag in die brood­pan en sprin­kel die klap­per oor. Bak 70-75 mi­nu­te tot ’n toets­pen skoon uit die mid­del van die brood kom. 5 Laat op ’n draad­rak af­koel. Sit voor saam met bot­ter of neut­bot­ter (lees die wenk). Neut­bot­ter Ver­werk ma­ka­da­mi­a­neu­te saam met ’n bie­tjie ka­no­la-o­lie in ’n voed­sel­ver­wer­ker tot glad.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.