F­les­slaai

Huisgenoot lae-koolhidraat - - Inhoud -

Jy kan die slaai net so uit die fles ge­niet of dit op ’n bord uit­keer. Die vleis is ook heer­lik op toe­brood­jies en as in­pak­kos.

VLEIS

1 ge­pe­kel­de vark­len­de paar tak­kies roos­ma­ryn

en tie­mie 4-6 swart­pe­per­kor­rels 4 knof­fel­hui­sies, ge­skil 1 ui, ge­skil ge­noeg groen­te­af­trek­sel om vleis te be­dek heu­ning vir verf

OONDGROENTE

1 bos­sie elk klein bee­tjies en wor­tels met

stin­gel­tjies aan hand vol roos­ma­ryn­blaar­tjies, ge­kap 2-3 knof­fel­hui­sies, fyn ge­druk

45 ml (3 e) heu­ning o­lyf­o­lie see­sout­vlok­kies

SLAAISOUS

15 ml (1 e) kor­rel­mos­terd 5 ml (1 t) Di­jon­mos­terd 15 ml (1 e) heu­ning 60 ml (¼ k) G­riek­se jo­gurt

SA­ME­STEL­LING

ver­skei­den­heid vars slaai­bla­re 3-4 nek­ta­riens en/of prui­me, in sky­we ge­sny 1 rooi-ui, fyn ge­kap mi­kro­kruie vir gar­ne­ring

1 Vleis Plaas die vark­len­de in ’n pot, voeg die roos­ma­ryn, tie­mie, pe­per­kor­rels, knof­fel en ui by, be­dek met die groen­te­af­trek­sel en laat 2­3 uur prut tot die vleis sag is. Laat ef­fens in die af­trek­sel af­koel en ver­wy­der uit die af­trek­sel. 2 Sny ke­pies in die vet­la­gie en verf die vleis met die heu­ning. Plaas dit on­der die roos­ter­e­le­ment in die oond en roos­ter tot bruin. Laat af­koel en sny in sky­we. 3 Oondgroente Ver­stel die oond­hit­te tot 200 °C. Pak die groen­te in ’n oond­bak en sprin­kel die roos­ma­ryn, knof­fel, heu­ning, o­lie en sout oor en oond­braai so­wat 35 mi­nu­te tot net sag maar nog bros. 4 Slaaisous Meng al die be­stand­de­le. Giet in ’n klein fles­sie. 5 Sa­me­stel­ling Pak ’n laag bla­re on­der­in ’n glas­fles, ge­volg deur ’n la­gie vleis­sky­we, die vrug­te en die groen­te. Sprin­kel die ui oor en maak toe. Sit voor met die slaaisous en gar­neer met die mi­kro­kruie.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.