S­jo­ko­la­de­pan­ne­koek

Hier is som­mer twee groot be­der­we in een. Dan is daar boon­op die vul­sel van ge­klop­te room en vrug­te!

Huisgenoot Ontbyt - - Inhoud -

LEWER

8-10 pan­ne­koe­ke

Be­rei­ding 35 mi­nu­te Staan­tyd 3O mi­nu­te Gaar­maak­tyd 1 mi­nuut per pannekoek

PANNEKOEK

350 ml melk 1 ei­er 15 ml (1 e) bot­ter, ge­smelt 250 ml (1 k) koek­meel 80 ml (¹ ⁄ ₃ k) ka­kao 60 ml (¼ k) sui­ker 2,5 ml (½ t) bak­poei­er kny­pie sout

SAMESTELLING

250 ml (1 k) room, ge­klop 3 pie­sangs, ge­sny 200 g moer­beie ka­ra­mel­sous ment­bla­re vir gar­ne­ring (op­si­o­neel)

1 Pannekoek K­lits die melk, ei­er en bot­ter saam. 2 Sif die koek­meel, ka­kao, sui­ker, bak­poei­er en sout saam in ’n groot bak. 3 Giet die melk­meng­sel by die meel­meng­sel ter­wyl jy k­lits. Maak se­ker daar is nie klon­te nie. Be­dek met kleef­plas­tiek en laat dit 30 mi­nu­te rus. 4 Ver­hit ’n pannekoek­of kleef­vrye pan van 24 cm en skep van die be­slag met ’n sop­le­pel in die pan. Bak tot dit bor­rels vorm, draai om en braai tot lig­bruin. Her­haal met die res van die be­slag. 5 Samestelling Skep ’n le­pel room op die helf­te van el­ke pannekoek. Sny ’n paar stuk­kies pie­sang bo­oor, ge­volg deur ’n paar moer­beie. Vou toe en be­druip met die ka­ra­mel­sous. Gar­neer met ment­bla­re in­dien ver­kies.

52

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.