Ri­cot­ta­plaat­koe­kies met spek en brie

Stel dié plaat­koe­kie­re­sep op die proef as jy van kaas hou – daar's kaas bin­ne­in en bo­op!

Huisgenoot Ontbyt - - Inhoud -

LEWER

So­wat 10 plaat­koe­kies

Be­rei­ding 10 mi­nu­te Staan­tyd 15 mi­nu­te Gaar­maak­tyd 45 mi­nu­te

PLAAT­KOE­KIES

500 ml (2 k) koek­meel 15 ml (1 e) bak­poei­er ’n kny­pie sout 30 ml (2 e) strooi­sui­ker 2 ei­ers 500 ml (2 k) melk 250 g ri­cot­ta­kaas, ge­krum­mel 2 ei­er­wit­te o­lie

AFRONDING

250 g spek­vleis­re­pies heu­ning 125 g sam­pi­oe­ne o­lie par­me­saan­skaaf­sels of sky­fies brie­kaas ro­ket­bla­re swart­pe­per

1 Plaat­koe­kies Sif die meel, bak­poei­er, sout en strooi­sui­ker saam. 2 K­lits die ei­ers en melk saam en voeg die meel­meng­sel by. Meng tot glad. 3 Roer die ri­cot­ta by. 4 K­lits die ei­er­wit­te en vou in. Laat min­stens 15 mi­nu­te staan. 5 Ver­hit ’n kleef­vrye pan tot warm en verf met die o­lie. Skep le­pels vol in die pan en bak tot bla­sies bo­op vorm. Draai om en bak tot gaar. 6 Afronding Plaas die spek op ’n bak­plaat, spuit heu­ning oor en roos­ter tot bros. 7 Braai die sam­pi­oe­ne in ’n bie­tjie o­lie tot bruin. 8 Plaas ’n plaat­koe­kie op ’n bord, pak van die spek en sam­pi­oe­ne bo­op en rond af met die par­me­saan­skaaf­sels of sky­fies brie en ro­ket­bla­re en maal die swart­pe­per oor.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.