Boe­re­wors­so­sa­ties met cha­ka­la­ka­roos­ter­brood

Hier­die vul­len­de ontbyt met byt is net die ding vir wan­neer jy kamp – of maak dit in die oond gaar as jy nie ’n vuur­tjie aan die gang het nie.

Huisgenoot Ontbyt - - Inhoud -

LEWER

4 por­sies

Be­rei­ding 15-20 mi­nu­te Ma­ri­neer­tyd 15 mi­nu­te Gaar­maak­tyd 15-20 mi­nu­te

KEBABS

500 g dun boe­re­wors 2 rooi, geel of groen soet­ris­sies, in blok­kies ge­sny 1 rooi-ui, in wig­gies ge­sny

MARINADE

45 ml (3 e) bal­se­mie­ke a­syn 15 ml (1 e) strooi­sui­ker 2 knof­fel­hui­sies, fyn ge­druk

TOE­BROOD­JIES

1 plaas­brood 100 g ched­dar­kaas, ge­ras­per 1 blik­kie (410 g) cha­ka­la­ka

1 Kebabs Sny die boe­re­wors in 4 ewe lang stuk­ke en ryg op 4 stok­kies met die soet­ris­sies en ui tus­sen­in. Plaas die kebabs in ’n ma­ri­neer­bak. 2 Marinade K­lits die a­syn, sui­ker en knof­fel saam en giet oor die kebabs. Laat min­stens 15 mi­nu­te ma­ri­neer. 3 Toe­brood­jies Sny die plaas­brood in 8 dik snye en sprin­kel die helf­te van die kaas oor 4 van die snye. Skep cha­ka­la­ka oor die kaas en sprin­kel die oor­bly­wen­de kaas bo­oor. Plaas die res van die brood­snye bo­op. 4 Braai die kebabs in ’n giet­ys­ter­pan oor ma­ti­ge ko­le of op ’n stoof­plaat of in die oond teen 200 °C tot gaar. 5 Roos­ter die toe­brood­jies 10­15 mi­nu­te oor ma­ti­ge tot warm ko­le in ’n giet­ys­ter­pan op die stoof of in die oond teen 200 °C tot die kaas ge­smelt het en die brood goud­bruin is. Sit saam met die kebabs voor.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.