S­pek­piz­za met a­vo­ka­do­sal­sa

Oor­skiet­piz­za vir ontbyt is vin­nig en vul­lend, maar wat van ’n lek­ker vars­ge­maak­te piz­za soos dié een?

Huisgenoot Ontbyt - - Inhoud -

LEWER

4 por­sies

Be­rei­ding 20 mi­nu­te Gaar­maak­tyd 20-25 mi­nu­te

PIZ­ZA EN SPEK

meel vir die werk­op­per­vlak 500 g win­kel­brood­deeg 60 ml (¼ k) o­lyf­o­lie 45 ml (3 e) ta­ma­tie­pas­ta 250 g stre­pie­spek

SALSA

1 a­vo­ka­do, in blok­kies ge­sny 6 spriet­uie, ge­kap 15 ml (1 e) suur­le­moen­sap sout en pe­per

SAMESTELLING

200 g moz­za­rel­la­kaas 120 g ro­ket­bla­re

Voor­ver­hit die oond tot 230 °C. Smeer ’n groot bak­plaat met o­lyf­o­lie. 1 Piz­za en spek Be­sprin­kel ’n werk­op­per­vlak met meel. Ver­deel die deeg in vier ge­ly­ke de­le en rol elk­een rof­weg uit. 2 Pak die deeg­sir­kels op die voor­be­rei­de bak­plaat. Meng die o­lyf­o­lie en ta­ma­tie­pas­ta en smeer oor die ba­sis. Bak 810 mi­nu­te tot gaar en ef­fens bruin aan die on­der­kant. 3 Pak die spek­re­pies op ’n an­der bak­plaat en roos­ter 10­15 mi­nu­te tot bros. 4 Salsa Meng die a­vo­ka­do, spriet­uie en suur­le­moen­sap en geur met die sout en pe­per. 5 Samestelling Ver­sprei die salsa op die piz­za­ba­sis­se. B­reek die moz­za­rel­la in stuk­kies en ver­sprei oor die salsa, ge­volg deur die spek­re­pies. Sprin­kel die ro­ket­bla­re oor, sny in stuk­ke en sit voor.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.