Mie­lie­pan­ne­koe­ke met room­kaas en soet­ris­sies

Gee pannekoek ’n kin­kel deur pit­mie­lies by die be­slag te voeg. Ver­vang die rooi soet­ris­sie en ba­si­lie met ’n salsa van ta­ma­tie, brand­ris­sie en kol­jan­der­bla­re vir iets bran­de­rigs.

Huisgenoot Ontbyt - - Inhoud -

LEWER

10 pan­ne­koe­ke

Be­rei­ding 10 mi­nu­te Staan­tyd 30 mi­nu­te Gaar­maak­tyd 15 mi­nu­te

PANNEKOEK

3 ei­ers 375 ml (1½ k) melk 60 ml (¼ k) o­lie 500 ml (2 k) koek­meel 15 ml (1 e) bak­poei­er 2 ml (½ t) sout 1 blik (410 g) pit­mie­lies, ge­drei­neer

VUL­SEL

125 ml (½ k) room­kaas 1 rooi soet­ris­sie, in blok­kies ge­sny 15 g ba­si­lie

1 Pannekoek K­lits die ei­ers, melk en o­lie saam. Sif die koek­meel, bak­poei­er en sout in ’n groot meng­bak. Maak ’n hol­te in die mid­del, giet die melk­meng­sel by en k­lits tot goed ge­meng. Voeg die mie­lies by en meng goed. Laat min­stens 30 mi­nu­te staan. 2 Ver­hit ’n bie­tjie o­lie in ’n pan. Skep ’n sop­le­pel vol van die meng­sel in die pan en skud lig­gies so­dat die meng­sel oor die he­le op­per­vlak van die pan ver­sprei. 3 Draai om wan­neer lug­bor­rel­tjies op die op­per­vlak be­gin vorm en braai tot goud­bruin aan al­bei kan­te. Her­haal met die res van die be­slag. 4 Vul­sel Smeer van die room­kaas op el­ke pannekoek, sprin­kel die soet­ris­sie en ba­si­lie oor en vou of rol toe. Sit da­de­lik voor.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.