Kant­wa­fels met suur­le­moen­room­ys

Jy het nie ’n wa­fel­pan no­dig vir hier­die mooi wa­fels nie. Wat wel nut­tig te pas kom, is ’n bot­tel­tjie met ’n tuit (soos daar­die ou­tyd­se ta­ma­tie­sous­bot­tel­tjies) om die be­slag in te giet so­dat jy mooi, dun kant­stre­pies in die pan kan vorm. Die be­slag is dik

Huisgenoot Ontbyt - - Inhoud -

LEWER

8 wa­fels

Be­rei­ding 10 mi­nu­te Staan­tyd 30 mi­nu­te Gaar­maak­tyd 30 mi­nu­te

WA­FELS

2 ei­ers, ge­klits 30 ml (2 e) sui­ker 250 ml (1 k) melk 30 ml (2 e) bot­ter 375 ml (1½ k) koek­meel 15 ml (1 e) bak­poei­er kny­pie sout 50 ml (10 t) ka­kao o­lie vir verf

ROOM­YS

1 L va­niel­je­room­ys paar skep­pe suur­le­moen­smeer

TOFFIESOUS

1 pak­kie (150 g) ka­ra­mel­tof­fies 125 ml (½ k) room

SAMESTELLING

aar­beie, blou­bes­sies of ap­pel­lie­fie

1 Wa­fels K­lits al die be­stand­de­le be­hal­we die ka­kao saam tot glad. Deel in twee. 2 Roer die ka­kao by die een helf­te. Laat 30 mi­nu­te staan. Giet die ge­wo­ne en sjo­ko­la­de­be­slag in af­son­der­li­ke tuit­bot­tel­tjies. 3 Ver­hit ’n kleef­vrye pan tot goed warm. Verf met o­lie. Giet ’n dun straal­tjie van die een soort be­slag heen en weer in die pan so­dat dit ’n kant­werk met ga­te tus­sen­in vorm. Bak tot bla­sies bo­op vorm, draai met ’n ei­er­spaan om en bak tot gaar. Her­haal met die res van die be­slag om 4 ge­wo­ne en 4 sjo­ko­la­de­wa­fels te maak. 4 Room­ys Ont­vries die room­ys ef­fens en roer die suur­le­moen­smeer deur so­dat ’n mar­mer­pa­troon vorm. Be­vries weer. 5 Toffiesous S­melt die tof­fies en room saam. 6 Samestelling Plaas ’n sjo­ko­la­de­wa­fel op ’n bord, skep van die room­ys op, strooi die vrug­te oor en spuit die sous oor. Plaas ’n ge­wo­ne wa­fel bo­op.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.