Mak­li­ke kar­ring­melk­be­skuit

’n S­tuk­kie kar­ring­melk­be­skuit of twee in jou kof­fie of tee ge­week is net die reg­te me­di­sy­ne vir daar­die mid­del­van­die­og­gend­hon­ger!

Huisgenoot Ontbyt - - Inhoud -

LEWER

So­wat 24 stuk­ke

Be­rei­ding 15 mi­nu­te Bak­tyd 1 uur Uit­droog­tyd oor­nag

500 g (4 k) koek­meel 20 ml (4 t) bak­poei­er 5 ml (1 t) sout 80 ml (¹ ⁄ ₃ k) sui­ker 200 g bot­ter, ka­mer­tem­pe­ra­tuur en in blok­kies ge­sny 300 ml kar­ring­melk

Voor­ver­hit die oond tot 150 °C en smeer ’n brood­pan van 33 x 11 cm. 1 Sif al die droë be­stand­de­le in ’n groot bak. 2 Vryf die bot­ter by die droë be­stand­de­le in tot dit soos brood­krum­mels lyk. Giet die kar­ring­melk daar­by en meng goed. Plaas dit in die voor­be­rei­de pan en bak 1 uur of tot ’n toets­pen skoon uit­kom. 3 Ver­wy­der uit die pan, laat af­koel en sny in reg­hoe­ki­ge stuk­ke. Plaas op ’n draad­rak. 4 Stel die oond op die laag­ste hit­te­ver­stel­ling en plaas die rak met die be­skuit in die oond. Laat die oond­deur ef­fens oop en droog oor­nag uit. Laat af­koel en bê­re in ’n lug­dig­te hou­er.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.