Sou­te­ri­ge pan­ne­koek­sta­pel

Hier­die in­druk­wek­ken­de pan­ne­koek­to­ring sal die smaak­knop­pies prik­kel.

Huisgenoot Ontbyt - - Inhoud -

LEWER

10-12 pan­ne­koe­ke

Be­rei­ding 40 mi­nu­te Staan­tyd 30 mi­nu­te Gaar­maak­tyd 40 mi­nu­te

PANNEKOEK

500 ml (2 k) koek­meel sout 15 ml (1 e) bak­poei­er 6 groot ei­ers, ge­skei 400 ml melk ’n skeut o­lie

VUL­SEL

300 g ge­meng­de sam­pi­oe­ne, fyn ge­kap; of ge­droog­de por­ci­ni-sam­pi­oe­ne, in kook­wa­ter ge­week, ge­drei­neer en fyn ge­kap 1 hou­er (230 g) room­kaas of ge­room­de maas­kaas 125 ml (½ k) gras­uie, ge­kap 45 ml (3 e) port pe­co­ri­no of an­der har­de kaas, ge­ras­per, vir bo-oor sprin­kel

ta­ma­tie­pes­to en vars kruie vir voor­sit Voor­ver­hit die oond tot 200 °C. Spuit ’n los­boom­koek­pan van 20 cm met kos­sproei. 1 Pannekoek Sif die meel, sout en bak­poei­er saam. Voeg die ei­er­ge­le by en meng goed. Voeg die melk ge­lei­de­lik by ter­wyl jy ge­du­rig klop tot die meng­sel dik en glad is. K­lits die ei­er­wit­te en sout in ’n a­par­te bak tot sty­we pun­te vorm. Vou by die meel­meng­sel in en laat min­stens 30 mi­nu­te staan. 2 Ver­hit ’n kleef­vrye pan en verf met o­lie. Ver­hit tot warm. Giet 125 ml (½ k) van die be­slag in die pan, ver­sprei e­ga­lig met die ag­ter­kant van ’n le­pel tot so­wat 20 cm in deur­snee. Bak die pannekoek tot lug­bla­sies ver­skyn en die ran­de ef­fens krimp. Maak die pannekoek ver­sig­tig met ’n kleef­vrye spaan los, draai om en bak tot goud­bruin aan die an­der kant. Her­haal met die res van die deeg. 3 Sny die pan­ne­koe­ke om­trent die­self­de groot­te as die koek­pan. 4 Vul­sel Meng die sam­pi­oe­ne, maas­of room­kaas, gras­uie en port en smeer die vul­sel tot by die ran­de oor al die pan­ne­koe­ke be­hal­we een. Voeg ’n bie­tjie kook­wa­ter of melk by as die vul­sel te styf is. 5 Pak die pan­ne­koe­ke in lae in die voor­be­rei­de pan, met die ge­smeer­de kant na bo. Ein­dig met die on­ge­smeer­de een en druk goed vas. Sprin­kel ’n laag kaas oor en bak 15­20 mi­nu­te. 6 Laat die pan­ne­koek­sta­pel ef­fens af­koel. Haal uit deur ’n ef­fens klei­ner pan on­der die sta­pel te plaas en die kan­te van die gro­ter pan ver­sig­tig on­der­toe te druk. S­kuif na ’n op­dien­bord. Sny in sky­we en sit voor saam met die ta­ma­tie­pes­to en kruie.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.