S­pek­vleis­en­kaas­muf­fins

Muf­fins is die i­de­a­le ont­bythap­pie – ver­al dié wat van grow­we meel ge­maak is om jou lan­ger ver­sa­dig te laat voel.

Huisgenoot Ontbyt - - Inhoud -

LEWER

6-8 groot muf­fins

Be­rei­ding 15 mi­nu­te Bak­tyd 20-25 mi­nu­te Af­koel­tyd 5 mi­nu­te

30 ml (2 e) bot­ter, ge­smelt 1 klein rooi-ui, fyn ge­kap 1 rooi soet­ris­sie, in blok­kies ge­sny 125 g s­pek­vleis, ge­kap 10 ml (2 t) brand­ris­sie­vlok­kies paar tak­kies vars tie­mie 500 ml (2 k) vol­graan­meel 250 ml (1 k) koek­meel 15 ml (1 e) bak­poei­er 2,5 ml (½ t) koek­so­da sout en pe­per 2 ei­ers 330 ml (1¹⁄³ k) kar­ring­melk 45 ml (3 e) o­lyf­o­lie 125 ml (½ k) be­leë ched­dar­kaas, ge­ras­per

bot­ter vir voor­sit

Voor­ver­hit die oond tot 180 °C en be­spuit ’n muf­fin­pan met kos­sproei. 1 Ver­hit die bot­ter in ’n pan en braai die ui, soet­ris­sie en spek saam tot die spek bros is. Voeg die ris­sie­vlok­kies en tie­mie by en laat een­kant om af te koel. 2 Sif die vol­graan­meel, koek­meel, bak­poei­er, koek­so­da, sout en pe­per saam in ’n groot meng­bak om die meng­sel lug te gee. Voeg die graan­deel­tjies wat in die sif ag­ter­bly weer by die meng­sel. 3 K­lits die ei­ers, kar­ring­melk en o­lie saam in ’n bak. Voeg die ui­meng­sel by. 4 Maak ’n hol­te in die mid­del van die droë be­stand­de­le. Voeg die ei­er­en­ui­meng­sel by en meng met ’n spa­tel tot net klam. 5 Skep die be­slag in die voor­be­rei­de muf­fin­pan tot die hol­tes drie­kwart vol is en sprin­kel die kaas bo­oor. 6 Bak die muf­fins 20­25 mi­nu­te tot gaar. Laat 5 mi­nu­te in die pan af­koel en keer dan uit op ’n draad­rak. 7 Sit voor met bot­ter.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.