Die mag­tig­ste vuur­pyl ooit en sy O­ri­on­ruim­te­tuig

Huisgenoot Reis na die Ruimte - - Inhoud -

Na­sa se SLS-vuur­pyl en O­ri­on-kap­su­le sal ons heel­pad Mars toe kan neem

TER­WYL jy hier­die ar­ti­kel lees, is die in­ge­ni­eurs by Na­sa hard be­sig om die groot­ste, krag­tig­ste vuur­pyl in die wê­reld by die Mars­hall S­pa­ce F­lig­ht Cen­ter in Hunts­vil­le, Ala­ba­ma, te bou. Die mag­ti­ge SLS (wat vir S­pa­ce Launch Sy­stem staan) sal men­se en vrag stuur na plek­ke waar geen mens nog ooit was nie.

’n Kap­su­le ge­naamd O­ri­on, soort­ge­lyk aan die A­pol­lo-kap­su­le maar twee keer so groot, sal bo-op die SLS sit. Die eer­ste O­ri­on is in 2014 met ’n Del­ta IV-vuur­pyl na die bui­ten­ste ruimte ge­lan­seer en het tot ’n hoog­te van 5 794 km bo die Aar­de gereis (ver­der as e­ni­ge ruim­te­tuig in meer as 40 jaar) om sy vei­lig­heid­stel­sels te toets.

Sy vol­gen­de sen­ding sal in 2018 bo-op die SLS wees wan­neer hy in ’n maan­wen­tel­baan sal vlieg om toets hoe die twee tuie (SLS en O­ri­on) saam­werk.

Daar­na sal daar geen keer wees nie aan die in­druk­wek­ken­de tuig wat ruim­te­vaar­ders vol­gens be­plan­ning in 2025 na ’n wen­tel­baan om die maan sal neem om ’n rots­blok wat van ’n as­te­ro­ïed af op­ge­tel moet word (lees op bl. 66 meer oor dié plan) daar in ’n wen­tel­baan te plaas. ’n Paar jaar daar­na is dit voorwaarts Mars!

OPSTYGMASSA (MET BE­MAN­NING)

2 567 ton – dis so swaar soos agt vol ge­laai­de Boeing 747’s.

BE­HEER­MO­DU­LE Dis die e­nig­ste deel van die O­ri­on wat min of meer on­ge­skon­de te­rug Aar­de toe kom.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.