Kom ons be­kyk die maan

Huisgenoot Reis na die Ruimte - - Inhoud -

WE­TEN­SKAP­LI­KES meen die maan was eens deel van die Aar­de – hul te­o­rie is dat ’n groot voor­werp so­wat 4 bil­joen jaar ge­le­de teen die Aar­de ge­bots en groot rot­se laat af­breek het, wat ein­de­lik weer saam­ge­smelt het om die maan te vorm.

Die swaar­te­krag op die maan is so­wat ’n vyf­de van die Aar­de s’n. Ruim­te­vaar­ders moet spe­si­a­le kle­re aan­trek om te keer dat hul­le die ruimte in weg­dryf! Dis ook hoe­kom jy so­wat ses keer lig­ter op die maan as op die Aar­de sal weeg.

Meer as 100 ruim­te­tuie het al die maan, die Aar­de se e­nig­ste na­tuur­li­ke sa­tel­liet, be­soek en rots­mon­sters te­rug­ge­bring wat steeds be­stu­deer word. Maar ons sal nie een van die dae daar kan nes­skop nie – weens die swak at­mos­feer en ge­brek aan wa­ter kan die maan nie le­we on­der­steun nie.

Die maan pas mooi in A­fri­ka!

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.