Die eer­ste ruimte-wan­de­laars

Uit­ein­de­lik kon men­se na die ruimte vlieg – nou was dit tyd vir die eer­ste treë

Huisgenoot Reis na die Ruimte - - Inhoud -

DIE Mer­cu­ry- en Wos­tok­sen­dings het ge­wys men­se kan ruimte toe gaan. Maar we­ten­skap­li­kes moes nog baie leer voor hul­le ie­mand met vry­moe­dig­heid maan toe kon stuur. Daar was nog te veel vrae wat be­ant­woord moes word. Wat sou ge­beur as ruim­te­vaar­ders ’n paar dae in die ruimte deur­bring? Hoe kon hul­le die ruim­te­tuig vei­lig ver­laat ter­wyl hul­le daar bo is? Hoe kon ’n ruim­te­tuig aan ’n an­der een vas­meer?

Die Sow­jet­u­nie as­ook A­me­ri­ka het pro­gram­me ont­wik­kel om hier­die teg­nie­ke te ver­be­ter. Die Rus­se het die Woschod-ruim­te­tuig met plek vir twee tot drie men­se ge­bruik, ter­wyl die A­me­ri­ka­ners se nu­we Ge­mi­ni-pro­gram ook twee men­se per kap­su­le kon han­teer.

Met die Ge­mi­ni-pro­jek is veel meer

‘Ek kom te­rug bin­ne­toe en dis die hart­seer­ste oom­blik van my le­we’ – Die ruim­te­vaar­der Ed W­hi­te aan die ein­de van sy ruim­te­wan­de­ling

ver­mag as met die Woschod-pro­gram en dit het die A­me­ri­ka­ners uit­ein­de­lik in die Ruimtewedloop laat voor­loop.

Maar eers was daar die ver­ne­de­ring dat hul­le die kans mis­ge­loop het om die eer­ste ruim­te­wan­de­ling te on­der­neem. Die Rus­se het ge­hoor A­me­ri­ka be­plan ’n ruim­te­wan­de­ling en het be­sluit om hul­le voor te spring. Toe Woschod 2 op 18 Maart 1965 in ’n wen­tel­baan kom, het vlie­ë­nier A­lek­sei Le­o­nof die luik van die klein kap­su­le oop­ge­maak en die niet in ge­sweef met net ’n 1,8m lan­ge ka­bel wat hom met die tuig ver­bind.

“Dit was so stil ek kon my hart hoor klop,” het hy ver­le­de jaar vir die B­rit­se koe­rant The Gu­ar­di­an ver­tel. “Ek was om­ring deur sterre en het net ge­sweef. Ek sal die oom­blik nooit ver­geet nie. Ek het ook ’n on­ge­loof­li­ke ver­ant­woor­de­lik­heid ge­voel. Na­tuur­lik het ek nie be­sef ek was op die punt om die moei­lik­ste tyd van my le­we te be­leef nie – die stryd om te­rug in die kap­su­le te kom!”

Ty­dens sy 20 mi­nu­te lan­ge ruim­te­wan­de­ling het sy ruim­te­pak weens die lug­druk bin­ne-in uit­ge­sit en hy was te groot om deur die kap­su­le se luik te pas! Uit­ein­de­lik het hy daar­in ge­slaag om lug van sy pak te laat ont­snap en kon hy vei­lig te­rug­klim.

Die­self­de jaar, op 3 Ju­nie, was dit A­me­ri­ka se beurt – die Ge­mi­ni 4-ruim­te­vaar­der Ed W­hi­te het 21 mi­nu­te in die ruimte ge­loop. Dit was vir hom so lek­ker dat hy glad nie wou te­rug­keer nie en be­veel moes word om te­rug te klim. Ed is 18 maan­de la­ter in die A­pol­lo 1ramp (sto­rie op bl. 56) oor­le­de.

Die Ge­mi­ni-pro­jek het ’n paar an­der be­lang­ri­ke doel­wit­te be­haal: ’n ver­blyf van 14 dae in die ruimte, twee tuie wat in die ruimte by me­kaar kon ver­by­vlieg en ook la­ter aan me­kaar kon vas­meer.

Die tuis­werk was af­ge­han­del. Die vol­gen­de uit­da­ging was die maan!

’n Fo­to van A­lek­sei Le­o­nof waar hy die eer­ste ruim­te­wan­de­ling ooit on­der­neem.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.