Kar­re­tjies op die maan

Huisgenoot Reis na die Ruimte - - Inhoud -

Met die maan­kar­re­tjies kon ruim­te­vaar­ders gro­ter de­le van die land­skap ver­ken

DIE maan is dalk ’n ver­la­te plek, maar daar’s be­slis geen te­kort aan voer­tuie nie . . . Daar is tans drie A­me­ri­kaan­se maan­kar­re­tjies, twee van Rus­land en een van C­hi­na op die maan­op­per­vlak. ’n Ja­pan­ne­se kar­re­tjie sal na ver­wag­ting in 2017 op­daag en ’n Indiese een in 2018.

Die A­me­ri­kaan­se Lu­nar Ro­ver Ve­hi­cles (LRV’s) is deur die laas­te drie be­man­de A­pol­lo-vlug­te in 1971 en 1972 na die maan ver­voer en is uit die A­pol­lo-maan­mo­du­le op die maan neer­ge­laat. Die Rus­sie­se Lu­no­chods (wat “maan­wan­de­laar” be­te­ken) is in 1970 en 1973 deur die on­be­man­de Lu­na-tuig maan toe ver­skeep.

Die LRV’s, wat nie meer in wer­king is nie, is e­lek­trie­se kar­re­tjies met vier wie­le wat deur bat­te­rye aan­ge­dryf word. Hul­le het plek ge­had vir twee men­se, toe­rus­ting en die klip- en grond­mon­sters wat die ruim­te­vaar­ders by­me­kaar­ge­maak het. Die kar­re­tjies is deur die be­ken­de lug­vaart­maat­skap­py Boeing vir Na­sa ge­bou.

Ruim­te­vaar­ders kon tot 8 km ver ry en mon­sters uit ’n veel gro­ter ge­bied ver­sa­mel so­dat we­ten­skap­li­kes die maan se op­per­vlak be­ter kon leer ver­staan.

Die ruim­te­vaar­der Eu­ge­ne Cer­nan ry­met die A­pol­lo 17maan­kar­re­tjie. Hy was in 1972 die laas­te mens op die maan.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.