Die eer­ste men­se op die maan

Huisgenoot Reis na die Ruimte - - Inhoud -

Die A­pol­lo-pro­gram het met ’n tra­ge­die be­gin, maar uit­ein­de­lik kon die he­le pla­neet die eer­ste t­ree op die maan vier

DIT was die vroeë 1960’s en A­me­ri­ka was be­kom­merd. Die Koue Oor­log het al lan­ger as ’n de­ka­de ge­woed en aan die voor­punt was twee su­per­mag­te: die Ver­e­nig­de S­ta­te van A­me­ri­ka in die Wes­te en die Sow­jet­u­nie in die Oos­te. Daar was ’n wed­loop om te kyk wie eer­ste ’n mens op die maan sou laat land – en die Rus­se het voor­ge­loop.

Teen 1961 het hul­le al die eer­ste mens­ge­maak­te sa­tel­liet, die eer­ste le­wen­de we­se en die eer­ste mens in ’n wen­tel­baan ge­plaas. Hul­le was in staat om uit die ruimte ’n mi­li­tê­re aan­val op A­me­ri­ka te loods. Toe word John F. Ken­ne­dy pre­si­dent van die VSA. En hy be­loof A­me­ri­ka­ners op 25 Mei 1961: “Ek glo hier­die volk moet hom daar­toe ver­bind om, voor hier­die de­ka­de ver­by is, ’n man op die maan te laat land en hom vei­lig te­rug Aar­de toe te bring.”

Som­mer gou het die he­le land maan­koors ge­had. Ca­pe Ca­na­ver­al in Flo­ri­da, waar vuur­py­le ge­lan­seer word, het ’n ge­wil­de toe­ris­te­be­stem­ming ge­word, die ruimte was die groot­ste kon­sert op Aar­de en ruim­te­vaar­ders was oor­nag be­roemd. By Na­sa het in­ge­ni­eurs en vlie­ë­niers son­der op­hou ge­werk om Ken­ne­dy se be­lof­te te be­waar­heid. Hul­le het dit die A­pol­lo­p­ro­jek ge­noem – die land se der­de ruim­te­vlug­pro­gram en die een wat A­me­ri­ka­ners maan toe moes vat.

Pres. John F. Ken­ne­dy het A­me­ri­ka­ners in 1961 die maan be­loof.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.