Ou werk­e­sel: die ge­dul­di­ge So­joes

Die So­joes-kap­su­le neem men­se al 49 jaar lank die ruimte in

Huisgenoot Reis na die Ruimte - - Inhoud -

WAS jy al by die Kaap­stad­se We­ten­skap­sen­trum in Ob­ser­va­to­ry? Dan sou jy die re­pli­ka van ’n So­joe­skap­su­le daar ge­sien het. Dis ge­skenk deur Mark S­hutt­le­worth, ons eie ruim­te­vaar­der en die eer­ste Suid-A­fri­ka­ner en A­fri­kaan wat na die ruimte gereis het.

S­hutt­le­worth, ’n bil­joe­nêr en en­tre­pre­neur wat tans op die I­sle of Man bly, het die re­pli­ka aan die we­ten­skap­sen­trum ge­skenk ná sy his­to­rie­se reis in 2002 in ’n So­joes na die In­ter­na­si­o­na­le Ruim­te­s­ta­sie (IRS), waar hy agt dae deur­ge­bring het.

Die So­joes word soms die werk­e­sel van die ruimte ge­noem, want hy het meer as 100 ruim­te­sen­dings oor by­na 50 jaar ag­ter die blad. Hy word as die wê­reld se vei­lig­ste en kos­te­doel­tref­fend­ste ruim­te­tuig vir men­se be­skou en is tans die e­nig­ste ver­voer­mid­del vir men­se na die IRS.

’n Reis met die So­joes na die ruim­te­s­ta­sie kan tus­sen ses uur en twee dae duur, na ge­lang van die sen­ding­plan, maar die vlug te­rug Aar­de toe duur net drie uur. Min­stens een So­joes is te al­le tye aan die IRS vas­ge­meer so­dat dit in ’n noodgeval as ont­snap­tuig ge­bruik kan word.

Die So­joes is in die 1960’s deur die Sow­jet­u­nie ge­bou om men­se maan toe te stuur. Ter­wyl die be­roem­de in­ge­ni­eur Wern­her von Braun in A­me­ri­ka be­sig was om sy krag­ti­ge Sa­turn V-vuur­pyl te ver­vol­maak, het sy e­we­knie in die Sow­jet­u­nie, Ser­gei Korol­jof, die N1 ont­wik­kel om die So­joes maan toe te stuur.

Maar Korol­jof is in 1966 oor­le­de voor die N1 klaar was. Die ge­vol­ge was ramp­spoe­dig vir die Sow­jet-maan­pro­gram. Die N1 is van 1969 tot 1972 vier keer vir toets­vlug­te ge­lan­seer en het ál vier keer ont­plof. Die erg­ste was ’n ont­plof­fing wat nie net die N1 nie, maar heel­par­ty om­lig­gen­de lan­seer­struk­tu­re ver­nie­tig het.

Daar was ook ver­skeie teg­nie­se te­rug­slae in die ont­wik­ke­ling van die So­joes-maan­tuig en al­les het maar sta­dig ge­vor­der.

Op die ou end het die Sow­jet­u­nie sy maan­pro­gram ge­staak om­dat hul­le be­sef het hul­le het die wed­loop maan toe ver­loor.

Dit was da­rem nie ’n vol­slae mis­luk­king nie – ’n an­der Sow­jet-pro­jek, Lu­na, het ’n reeks on­be­man­de tuie be­hels wat on­der meer die eer­ste on­be­man­de maan­lan­ding in 1959 uit­ge­voer en ’n maand la­ter die eer­ste fo­to’s van die maan se ver­ste kant (wat nie van die Aar­de ge­sien kan word nie) ge­neem het.

Ná die N1-ont­plof­fings het die Sow­jet-in­ge­ni­eurs hul­le daar­op be­gin toe­spits om eer­der ’n ruim­te­la­bo­ra­to­ri­um te ont­wik­kel en in 1971 het hul­le Sal­joet 1, die wê­reld se eer­ste ruim­te­s­ta­sie, lan­seer. In 1986 is Sal­joet 7 deur die Mir-ruim­te­s­ta­sie ver­vang en in 1998 deur die IRS.

En waar­mee is ruim­te­vaar­ders na al dié swe­wen­de ba­sis­se in die lug ver­voer? Reg ge­raai – ons ou vriend So­joes. Deur die de­ka­des is hy op­ge­gra­deer en baie meer ge­so­fis­ti­keerd ge­maak, maar hy bly een van die hard­wer­kend­ste tuie in die ruimte.

‘ So ’n er­va­ring ver­an­der jou uit­kyk op die le­we en die wê­reld’ – Mark S­hutt­le­worth

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.