Lai­ka, die eer­ste wen­tel­hond­jie

Ont­moet die eer­ste le­wen­de we­se wat om die Aar­de ge­wen­tel het

Huisgenoot Reis na die Ruimte - - Inhoud -

SY WAS ’n vui­le­ri­ge bas­ter­brak­kie van die stra­te van die Sow­jet-hoof­stad Mo­s­kou, maar sy het die har­te van men­se oor die wê­reld heen aan­ge­gryp en so be­roemd ge­word dat sy van­dag haar eie mo­nu­ment het.

Maar sy moes ’n baie, baie hoë prys vir haar roem be­taal . . .

Dit was 1957 en die Sow­jet­u­nie het voor­ge­loop in die Ruimtewedloop, soos die me­de­din­ging tus­sen hul­le en A­me­ri­ka om die ruimte te oor­heers, ge­noem is. Die Sow­jet­u­nie het pas S­poet­nik 1 ge­lan­seer, die wê­reld se eer­ste mens­ge­maak­te sa­tel­liet. Hul vol­gen­de plan was om ’n mens die ruimte in te stuur, maar hul­le het glad nie ge­weet hoe vei­lig dit sou wees nie. Kon ’n mens die on­ge­loof­li­ke snel­heid en skom­me­ling van ’n ruim­te­tui­glan­se­ring oor­leef ? En wat sou die uit­wer­king van ge­wig­loos­heid op die mens­li­ke lig­gaam wees?

Toe be­sluit hul­le om eers die­re ruimte toe te stuur om te toets of die vlug vei­lig is.

Lai­ka was nie die eer­ste hond in die ruimte nie, maar sy was die eer­ste hond wat om die Aar­de ge­wen­tel het. Sy is so­wat ’n week voor sy op­ge­stuur sou word op die stra­te ge­vind en blit­sig op­ge­lei – sy moes by­voor­beeld leer om ’n jel­ag­ti­ge soort kos in die ruimte te eet.

Op 3 No­vem­ber 1957 het Lai­ka op­ge­skiet in haar eie ver­se­ël­de ka­juit in die S­poet­nik 2-ruim­te­tuig. Sy is in ’n har­nas vas­ge­maak, maar kon da­rem ’n bie­tjie rond­be­weeg. Sy het toe­gang tot kos en wa­ter ge­had en ’n sak vir haar ont­las­ting en u­ri­ne is aan haar vas­ge­maak. E­lek­tro­des aan haar lyf het in­lig­ting Aar­de toe ge­stuur oor haar hart­spoed, bloed­druk en a­sem­ha­ling.

Dis nie heel­te­mal dui­de­lik wat daar­na ge­beur het nie. Al­mal het ge­weet Lai­ka sou nie die vlug oor­leef nie – al­les is so vin­nig ge­re­ël dat die in­ge­ni­eurs nie tyd ge­had het om ’n stel­sel te ont­werp om haar vei­lig te­rug te bring nie. Men­se oor die wê­reld heen was woe­dend vir die Sow­jet­u­nie om­dat hul­le die hond­jie op­ge­of­fer het en in A­me­ri­ka is sy Mutt­nik (Bra­k­nik) ge­doop.

Die Sow­jet­u­nie het be­weer Lai­ka is aan die slaap ge­maak net voor haar suur­stof sou op­raak en dat sy rus­tig ge­sterf het. Maar in 2002 het die waar­heid uit­ge­kom: sy is bin­ne ure ná die lan­se­ring dood weens angs en oor­ver­hit­ting – die tem­pe­ra­tuur was so­wat 40 °C.

In 2008 is ’n mo­nu­ment in Mo­s­kou op­ge­rig te­re ere van Lai­ka waar sy trots op ’n vuur­pyl staan.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.