Die koel­ste vuur­py­le ooit

Huisgenoot Reis na die Ruimte - - Inhoud -

Ons keu­se van die koel­ste vuur­py­le wat nog ooit men­se en vrag die ruimte in­ge­dra het

VUUR­PY­LE is tans die e­nig­ste ma­nier waar­op ruim­te­tuie in die ruimte kan uit­kom. Die ruim­te­tuig pryk óf bo-op die vuur­pyl, soos die So­joes of A­pol­lo, óf dit word aan die kant van die vuur­pyl ge­mon­teer, soos die pen­del­tuig.

Vuur­py­le het dik­wels prag­ti­ge na­me, en par­ty­keer deel hul­le som­mer ’n naam met die tuig wat deur hul­le ver­voer word, soos die Rus­sie­se So­joes, Wos­tok en Woschod.

HOE WERK VUUR­PY­LE?

Om op te skiet ruimte toe moet ’n vuur­pyl by­na 40 keer vin­ni­ger as ’n groot Boeing 747 wees en moet dit ’n spoed van min­stens 7,9 km per se­kon­de haal – dis meer as 20 keer die spoed van klank. As dit sta­di­ger be­weeg, sal swaar­te­krag dit te­rug Aar­de toe trek. Dit moet dus baie sterk en­jins hê. Die en­jins ver­brand brand­stof en sit dit om in warm gas­se. Die gas­se word aan die on­der­kant van die vuur­pyl uit­ge­dwing, wat die vuur­pyl boon­toe laat be­weeg (lees op bl. 18 hoe dit werk).

WAAR­VOOR WORD VUUR­PY­LE OOK GE­BRUIK?

Vuur­py­le lan­seer nie net ruim­te­tuie nie, maar ook ruimtestasies, ruim­te­te­le­sko­pe en sa­tel­lie­te.

Vuur­py­le kan ook ver­woes­ten­de wa­pens of­te­wel mis­sie­le wees, wat dui­sen­de ki­lo­me­ter kan af­lê om ste­de en an­der tei­kens te tref.

Een so ’n mis­siel was die V-2-vuur­pyl, wat ty­dens die T­wee­de Wê­reld­oor­log deur die Duit­se vuur­pyl­we­ten­skap­li­ke Wern­her von Braun ont­werp is. Die V-2 was in 1944 die eer­ste kuns­ma­ti­ge voor­werp ooit wat na die ruimte ge­lan­seer is.

Hoe­wel die V-2 ’n ver­skrik­li­ke ge­skie­de­nis het (lees meer op bl. 4), is dit die va­der van mo­der­ne vuur­py­le. Wern­her von Braun het ook die Sa­turn V-vuur­pyl ont­werp wat die eer­ste men­se maan toe ge­stuur het.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.