Het jy lus vir ’n ruim­te­va­kan­sie?

Huisgenoot Reis na die Ruimte - - Inhoud -

As jy ’n paar mil­joen rand het wat rond­lê, kan jy so­lank jou plek vir ’n ruim­te­va­kan­sie be­spreek . . .

DINK jou ’n ho­tel in waar jy teen bad­tyd in ’n ka­mer vol wa­ter­bor­rels moet rond­dryf want daar is nie ’n stort nie, en waar jy jou voor slaap­tyd moet vas­gord aan ’n bed wat aan die dak, muur of vloer vas­ge­sit word . . .

Wel­kom in die wê­reld van ruim­te­ho­tel­le! Dis luuk­se ruim­te­tuie wat na ver­wag­ting bin­ne die vol­gen­de de­ka­de of twee om die Aar­de sal wen­tel en va­kan­sie­gan­gers tus­sen R4 mil­joen en R15 mil­joen per nag uit die sak sal jaag.

Maar ter­wyl ons nog ’n ruk­kie vir die eer­ste ruim­te­ho­tel moet wag, lyk dit of ruim­te­toe­ris­me net om die draai wag en be­loof maat­skap­pye (nie die eer­ste keer nie!) dat hul­le bin­ne ’n jaar of twee daar­mee sal af­skop.

Daar is twee soor­te ruim­te­rei­se vir toe­ris­te: orbitaal en suborbitaal.

OR­BI­TA­LE REI­SE

Met ’n or­bi­ta­le vlug vlieg die tuig vin­nig ge­noeg om tot in ’n wen­tel­baan om die Aar­de te kom. Tot dus­ver was daar nog net se­we ruim­te­toe­ris­te – Suid­A­fri­ka se Mark S­hutt­le­worth in­kluis – en hul­le het al­mal or­bi­ta­le vlug­te af­ge­lê deur op ’n So­joes na die In­ter­na­si­o­na­le Ruim­te­s­ta­sie (IRS) te vlieg en ’n week daar te bly. Dié pro­gram is nou ge­staak, want al­le So­joes­sit­plek­ke word ge­hou vir ruim­te­vaar­ders om­dat dit tans hul e­nig­ste ver­voer­mid­del na die IRS is.

SUB­OR­BI­TA­LE REI­SE

Or­bi­ta­le vlug­te verg kwaai teg­nie­se en gel­de­li­ke uit­da­gings en pri­vaat maat­skap­pye fo­kus dus eers op sub­or­bi­ta­le vlug­te wat tot an­der­kant die Aar­de se at­mos­feer vor­der, maar nie vin­nig ge­noeg is om te be­gin wen­tel nie.

Dié vlug­te sal om­draai net bo die Kár­mán­lyn – 100 km bo die Aar­de en die plek waar die ruimte amp­te­lik be­gin. Pas­sa­siers kan ’n paar mi­nu­te ge­wig­loos­heid er­vaar en ’n beeld­sko­ne, ont­roe­ren­de uit­sig ge­niet: ons prag­ti­ge blou­en­groen pla­neet. Dié vlug­te sal ’n uur of twee duur.

Daar is ver­skeie rol­spe­lers in hier­die mark – ons kyk langs­aan na vier van die be­kend­stes.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.