ORBITAAL VS. SUBORBITAAL

Huisgenoot Reis na die Ruimte - - Die Baanbrekers -

Daar is or­bi­ta­le en sub­or­bi­ta­le ruim­te­tuie. Die ver­skil tus­sen hul­le lê in hul spoed.

’n Or­bi­ta­le ruim­te­tuig vlieg te vin­nig om Aar­de toe te val. Stel jou voor jy gooi ’n bal: as dit ’n swak gooi is, sal dit nie ver trek nie en gou op die grond be­land. Hoe meer krag jy in die gooi­slag sit, hoe meer reg­uit sal die bal bo die grond trek en dit sal die grond ver­der van jou tref.

’n Or­bi­ta­le ruim­te­tuig werk by­na so: dit vlieg teen so ’n hoë spoed dat dit sy af­stand van die Aar­de kan be­hou.

’n Sub­or­bi­ta­le ruim­te­tuig is e­ni­ge tuig wat sta­di­ger as die or­bi­ta­le spoed bo die Aar­de se at­mos­feer kan vlieg.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.