DIE DIE­RE WAT NA DIE RUIMTE GEREIS HET

Huisgenoot Reis na die Ruimte - - Die Baanbrekers -

Baie die­re is ruimte toe ge­stuur om te toets wat die uit­wer­king van die ge­wig­loos­heid en an­der uit­da­gings op men­se sou wees. Al­te­saam 32 a­pies is deur A­me­ri­ka na die ruimte ge­stuur. Al­bert II was in 1949 eer­ste, maar sy tuig het neer­ge­stort. Die eer­ste a­pies wat le­wend te­rug­ge­keer het, was die reis­ge­no­te Miss A­ble en Miss Ba­ker. Miss Ba­ker het nog ja­re ge­le­we, maar Miss A­ble is vier dae ná die lan­ding dood ty­dens ’n o­pe­ra­sie om ’n e­lek­tro­de te ver­wy­der. Nog ’n be­ken­de ruim­te­rei­si­ger is die sjim­pan­see Ham, wat in 1961 in ’n Mer­cu­ry-kap­su­le op­ge­stuur is en vei­lig te­rug­ge­keer het.

Die Sow­jet­te het 12 hon­de ruimte toe ge­stuur. Die be­kend­ste een was Lai­ka, wat die eer­ste le­wen­de we­se in ’n wen­tel­baan was, maar weens hit­te-uit­put­ting dood is. Bel­ka en S­trel­ka was die eer­stes wat le­wend te­rug­ge­keer het. We­te­rok en Oe­gol­jok het 22 dae om die Aar­de ge­wen­tel en uit­ein­de­lik vei­lig ge­land. In 1963 het die Fran­se ’n kat ruimte toe ge­stuur. Fé­li­cet­te het vei­lig te­rug­ge­keer.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.