WAT GE­BEUR IN ’N NOODGEVAL?

Huisgenoot Reis na die Ruimte - - Die Baanbrekers -

’n Noodgeval aan boord kan by­voor­beeld deur ’n brand of ont­plof­fing ver­oor­saak word. B As dit ty­dens lan­se­ring ge­beur, kan die be­man­ning weg­kom in ’n klein vuur­pyl, wat ’n ont­snap­to­ring ge­noem word. Die ont­snap­to­ring “gryp” die be­man­nings­mo­du­le en daal daar­mee grond toe. Dit word die lan­seer­ont­snap-stel­sel ge­noem. Dit werk net tot op ’n hoog­te van 40 km. As dit nie ge­bruik word nie, val dit af. B As ’n noodgeval in die t­wee­de fase ont­staan, kom die ruim­te­tuig los van die vuur­pyl, die val­skerm maak oop en die tuig land op die grond.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.