G­re­na­del­la­vla­koekies

Die vin­kel maak dié koekies heer­lik an­ders en die gre­na­del­la werk goed saam met die vla.

Huisgenoot Soetgoed - - INHOUD -

13 koekies Be­rei­ding 30 mi­nu­te Ver­koel­tyd 25 mi­nu­te + 40 mi­nu­te Bak­tyd 10-12 mi­nu­te per bak­sel Set­tyd 30 mi­nu­te

BROSBROOD

200 g koue bot­ter

125 g strooi­sui­ker

250 g koek­meel knip­pie sout

250 g a­man­dels, fyn ge­maal 5 ml (1 t) vin­kelsa­de, fyn

ge­druk

VLA

75 g koek­meel knip­pie sout

60 g vla­poei­er

750 ml (3 k) melk

125 g sui­ker

10 ml (2 t) gre­na­del­la­pulp

Voor­ver­hit die oond tot 160 °C. Spuit ’n bak­plaat.

1 Brosbrood Pols die bot­ter en strooi­sui­ker in ’n voed­sel­ver­wer­ker tot ro­me­rig en glad. Voeg die koek­meel, sout, a­man­dels en vin­kelsa­de by en meng tot ’n glad­de deeg. Vorm in ’n bal, draai in kleef­plas­tiek toe en ver­koel 20 mi­nu­te.

2 Rol 3-5 mm dik uit en druk koekies uit.

Pak op die bak­plaat en ver­koel 5 mi­nu­te. Bak tot goud­bruin, so­wat 10-12 mi­nu­te per bak­sel. Laat af­koel.

3 Vla Meng die meel, sout en vla of die vla en mie­lie­blom (as jy ’n lig­ter geel kleur ver­lang) met ’n bie­tjie van die melk. Ver­hit die res van die melk tot net on­der kook­punt. Meng ’n bie­tjie van die warm melk met die vla­meng­sel, voeg by die res van die ver­hit­te melk, voeg die sui­ker by en ver­hit ter­wyl ge­roer word tot die meng­sel kook en ver­dik. Laat af­koel en roer die gre­na­del­la­pulp by. Ver­koel so­wat 40 mi­nu­te tot by­na ge­stol.

4 Plak die koekies twee-twee met ’n dik laag vla op me­kaar om soen­tjies te vorm. Laat 30 mi­nu­te staan tot heel­te­mal ste­wig.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.