Ge­bak­te sa­go­poe­ding

Ma­rie du Plooy van Lan­gen­ho­ven­park in Bloem­fon­tein sê: “Daar bly nie ’n krum­mel oor wan­neer ek dié na­ge­reg vir my seuns maak nie. Hul­le noem dit pad­da­o­gies­poeding.”

Huisgenoot Soetgoed - - INHOUD -

Ge­noeg vir 8 men­se Be­rei­ding 1 uur (in­slui­tend week­tyd) Gaar­maak­tyd 30 mi­nu­te Bak­tyd 15-20 mi­nu­te + 5 mi­nu­te Af­koel­tyd 30 mi­nu­te

250 ml (1 k) sa­go

810 ml (3¼ k) vol­room­melk 250 ml (1 k) sui­ker

2 ml (½ t) sout

10 ml (2 t) bran­de­wyn

30 ml (2 e) bot­ter

1 ml (¼ t) fyn neut­mus­kaat 4 ei­ers, ge­klits

60 ml (¼ k) glad­de ap­pel­koos­kon­fyt

100 ml strooi­sui­ker

Voor­ver­hit die oond tot 180 °C. S­meer 8 ra­mek­ins.

1 Week die sa­go 30 mi­nu­te in wa­ter.

2 Giet die melk in ’n groot, diep ka­strol. S­poel die sa­go on­der koue, lo­pen­de wa­ter af, d­rei­neer goed en voeg dit by die melk.

3 Ver­hit die melk en sa­go so­wat 30 mi­nu­te oor ma­ti­ge hit­te ter­wyl jy aan­hou­dend roer tot die sa­go dik en deur­sky­nend is. S­ka­kel die stoof af.

4 Roer die sui­ker, sout, bran­de­wyn, bot­ter en neut­mus­kaat by die warm sa­go in. Laat af­koel tot ka­mer­tem­pe­ra­tuur.

5 K­lits die ei­ers by en giet in die ra­mek­ins. S­meer die kon­fyt oor die bo­kant van elk. Bak 15­20 mi­nu­te.

6 Laat so­wat 30 mi­nu­te af­koel. S­trooi die strooi­sui­ker oor en plaas on­der die roos­ter tot die sui­ker ge­smelt en ’n har­de kors ge­vorm het.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.