Rooi­wyn­peer­tert­jies

’n Mens kan skaars glo hoe mak­lik dit is om dié e­le­gan­te, styl­vol­le happies te prak­seer.

Huisgenoot Soetgoed - - INHOUD -

4 tert­jies Be­rei­ding 20 mi­nu­te Ver­koel­tyd 30 mi­nu­te + 10 mi­nu­te Gaar­maak­tyd 20-25 mi­nu­te Bak­tyd 15-20 mi­nu­te

DEEG

250 g ys­koue bot­ter, in

blok­ke ge­sny

250 ml (1 k) ver­sier­sui­ker,

ge­sif

500 ml (2 k) koek­meel 80 ml (¹⁄³ k) mie­lie­blom 80 ml (¹⁄³ k) fyn a­man­dels

VULSEL

500 ml (2 k) rooi­wyn

250 ml (1 k) rooi­bos­tee 2 ka­neel­stok­ke

2 ster­a­ny­se

125-180 ml (½-¾ k) sui­ker of na smaak

4 klein peer­tjies, ge­skil en die

steel­tjie be­hou

10 ml (2 t) mie­lie­blom om

stroop te ver­dik

ge­klop­te room vir voor­sit

Voor­ver­hit die oond tot 190 °C. Spuit 4 klein los­boom­koek­pan­ne­tjies of ra­mek­ins met kos­sproei.

1 Deeg Plaas al die be­stand­de­le in die voed­sel­ver­wer­ker. Ver­werk tot die bot­ter goed by die meel in­ge­meng is en ’n bal om die lem vorm.

2 S­kep die deeg uit. Vorm in ’n bal, draai in kleef­plas­tiek toe en ver­koel 30 mi­nu­te.

3 Hou van die deeg een­kant vir bo­op. Rol die res in ’n rol­le­tjie en sny in sky­fies van 1 cm. Druk die sky­fies teen die boom en rand van die 4 tert­pan­ne­tjies of ra­mek­ins vas. P­rik die kors. Ver­koel 10 mi­nu­te.

4 Vulsel Giet die wyn en tee in ’n ka­strol­le­tjie en voeg die ka­neel, ster­a­ny­se en sui­ker by. Voeg die pe­re by en kook 1520 mi­nu­te tot net sag. Laat in die sous af­koel. Ver­wy­der die pe­re. Voeg die mie­lie­blom by die sous en ver­hit so­wat 5 mi­nu­te oor lae hit­te vir tot die sous ver­dik. Hou een­kant.

5 Plaas ’n peer in el­ke uit­ge­voer­de tert­pan­ne­tjie. S­kep ’n skep­pie van die sous oor.

6 Ras­per die res van die deeg en sprin­kel dit oor die pe­re tot dit by­na be­dek is en net die steel­tjie uit­steek. Bak 15­20 mi­nu­te tot die deeg gaar is. Sit voor saam met die room.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.