Kaas­koek met ap­pel­ro­sies

Die mooi ap­pel-versiering maak van hier­die koek ’n wen­ner – en dis so mak­lik om te maak!

Huisgenoot Soetgoed - - INHOUD -

1 kaas­koek Be­rei­ding 20 mi­nu­te Bak­tyd 40-50 mi­nu­te + 5 mi­nu­te

KORS

60 ml (¼ k) bruin­sui­ker

250 ml (1 k) ge­kap­te ok­ker­neu­te

of pe­kan­neu­te

180 ml (¾ k) ha­wer­mout

125 ml (½ k) ge­smel­te bot­ter 1 ei­er­wit, ge­klits

KAAS­KOEK

2 hou­ers (230 g elk) room­kaas 30 ml (2 e) mie­lie­blom

3 ei­ers, ge­klits

60 ml (¼ k) bruin­sui­ker

60 ml (¼ k) wit­sui­ker

10 ml (2 t) va­niel­je­geur­sel fyn ge­ras­per­de skil en sap van

1 suur­le­moen

BOLAAG

80 ml (¹⁄³ k) bruin­sui­ker

2 ml (½ t) elk fyn ka­neel en gem­mer

30 ml (2 e) ge­smel­te bot­ter

2-3 rooi ap­pels, ge­hal­veer en met

’n skil­ler in dun lin­te ge­sny

Voor­ver­hit die oond tot 180 °C. S­meer ’n los­boom­pan van 20 cm.

1 Kors Meng al die be­stand­de­le, maak dit in ’n voed­sel­werk­wer­ker fyn en druk op die boom en half­pad teen die kant van die pan vas. Bak 5 mi­nu­te en ver­koel.

2 Kaas­koek Plaas al die be­stand­de­le in ’n bak en meng tot glad. Giet die meng­sel in die kors. Ver­laag die hit­te tot 160 °C. Bak 40-50 mi­nu­te of tot gaar, maar steeds ef­fens dril­le­rig in die mid­del.

3 Bolaag Meng die bruin­sui­ker, ka­neel, gem­mer en bot­ter.

4 Rol die ap­pel­lin­te elk in ’n rol­le­tjie om ’n ro­sie te vorm en rang­skik bo-op die kaas­koek. Sprin­kel die sui­kerm­eng­sel oor en plaas on­der die roos­ter­e­le­ment tot die sui­ker­la­gie ef­fens ge­ka­ra­mel­li­seer het.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.