Grond­boon­bot­ter­en­kon­fytrol­le­tjies

Twee klas­sie­ke be­stand­de­le, grondboontjiebotter en kon­fyt, kom by­me­kaar om die heer­lik­ste soet brood­rol­le­tjies te vorm.

Huisgenoot Soetgoed - - INHOUD -

So­wat 18 rolletjies Be­rei­ding 15 mi­nu­te Rys­tyd 40 mi­nu­te + 10-15 mi­nu­te Bak­tyd 20-25 mi­nu­te

ROLLETJIES

1 kg koek­meel

7 ml (1 ½ t) sout

30 ml (2 e) sui­ker

10 g kits­dro­ë­gis

750 ml (3 k) lou­warm wa­ter bie­tjie o­lie

400 g grondboontjiebotter 450 g aar­bei­kon­fyt

GLASEERSEL

230 g room­kaas

125 ml (½ k) ver­sier­sui­ker,

ge­sif

80 ml (¹⁄³ k) aar­bei­kon­fyt

Ver­hit die oond tot 180 °C en voer twee pan­ne van 25 x 20 cm met bak­pa­pier uit – die kan­te ook.

1 Rolletjies Sif die meel, sout en sui­ker in ’n bak. Voeg die gis by en meng. Maak ’n gat in die mid­del. Giet die wa­ter in.

2 Meng tot ’n nat deeg­meng­sel en k­nie die deeg so­wat 10 mi­nu­te. Plaas in ’n bak wat lig­gies met die o­lie ge­smeer is en laat 40 mi­nu­te rys of tot dub­bel die vo­lu­me.

3 K­nie weer af en rol uit tot ’n reg­hoek van so­wat 1 cm dik. S­meer die grondboontjiebotter oor die deeg, ge­volg deur die kon­fyt. Rol die deeg op, sny in sky­we van 1½­2 cm dik en pak dit styf teen me­kaar in die pan.

4 Laat dit ’n twee­de keer 10­15 mi­nu­te rys. Bak 20­25 mi­nu­te.

5 Glaseersel K­lits al die be­stand­de­le saam en be­druip die rolletjies so­dra dit uit die oond kom.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.