S­jo­ko­la­de­mal­va­poe­ding

My­ri­am Ba­rend­se van We­sten­burg, Po­lo­kwa­ne, sê dié poeding is een van haar ge­sin se guns­te­lin­ge. Dis mak­lik om te maak en smaak he­mels. Sy voeg soms 80 ml (¹⁄ ³ k) A­ma­ru­la­li­keur by die sous vir ek­stra geur.

Huisgenoot Soetgoed - - INHOUD -

Ge­noeg vir 8-10 men­se Be­rei­ding 15 mi­nu­te Bak­tyd 25-30 mi­nu­te Gaar­maak­tyd 5 mi­nu­te

POEDING

80 g bot­ter

300 ml sui­ker

2 ei­ers

5 ml (1 t) va­niel­je­geur­sel

500 ml (2 k) koek­meel

45 ml (3 e) ka­ka­o­poei­er

10 ml (2 t) bak­poei­er

7 ml (1½ t) koek­so­da

2,5 ml (½ t) sout

500 ml (2 k) melk

30 ml (2 e) a­syn

45 ml (3 e) glad­de ap­pel­koos­kon­fyt

SOUS

1 blik (380 g) in­ge­damp­te

melk

100 ml bot­ter

125 ml (½ k) sui­ker

100 g don­ker­sjo­ko­la­de

vla vir voor­sit

Voor­ver­hit die oond tot 180 °C en s­meer ’n oond­bak van 24 x 19 cm.

1 Poeding Klop die bot­ter en sui­ker in ’n groot bak saam tot ro­me­rig. K­lits die ei­ers een vir een by en voeg die va­niel­je­geur­sel by.

2 Sif die meel, ka­kao, bak­poei­er, koek­so­da en sout saam. K­lits die melk, a­syn en kon­fyt saam.

3 Voeg die meel­ en melk­meng­sel om die beurt by die bot­ter­meng­sel. Meng goed tot ’n glad­de be­slag ge­vorm het. Giet in die voor­be­rei­de pan en bak 25­30 mi­nu­te.

4 Sous B­ring al die sous­be­stand­de­le in ’n klein ka­strol tot kook­punt, ver­laag die hit­te en laat 2 mi­nu­te prut. S­teek met ’n steek­pen ga­te in die koek wan­neer dit gaar is en giet die sous on­mid­del­lik oor. Sit warm voor met vla.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.