S­pe­se­ry­ap­pel­mar­mer­koek

’n De­ka­den­te room­kaas­vul­sel ver­an­der hier­die ap­pel­koek in ’n baie spe­si­a­le be­derf.

Huisgenoot Soetgoed - - INHOUD -

2 koek­bro­de Be­rei­ding 30 mi­nu­te Bak­tyd 45-50 mi­nu­te

ROOMKAASMENGSEL

230 g room­kaas

125 ml (½ k) sui­ker 30 ml (2 e) koek­meel

KOEK

750 ml (3 k) koek­meel

12 ml (2½ t) bak­poei­er knip­pie sout

10 ml (2 t) fyn ka­neel

5 ml (1 t) elk neut­mus­kaat en

ge­meng­de spe­se­rye

250 ml (1 k) sui­ker

3 ei­ers

180 ml (¾ k) ka­no­la-o­lie

180 ml (¾ k) fyn ap­pel­moes 3 ap­pels, in stuk­kies ge­kap 250 ml (1 k) ge­kap­te

pe­kan­neu­te

60 ml (¼ k) melk

VERSIERSEL

125 ml (½ k) sag­te bruin­sui­ker

60 ml (¼ k) elk bot­ter 60 ml (¼ k) melk

5 ml (1 t) sout

250 ml (1 k) ver­sier­sui­ker

pe­kan­neu­te en Mal­don-sout vir afronding

Voor­ver­hit die oond tot 180 °C. S­meer twee brood­pan­ne­tjies en s­tuif met meel.

1 Roomkaasmengsel Meng die room­kaas, sui­ker en meel tot glad.

2 Koek Sif die meel, bak­poei­er, sout, ka­neel, neut­mus­kaat, spe­se­rye en sui­ker 2 keer saam.

3 K­lits die ei­ers en o­lie saam. Voeg die ap­pel­moes by.

4 Meng die o­lie­meng­sel om die beurt met die ap­pel­stuk­kies, neu­te en melk by die meel­meng­sel in.

5 S­kep drie­kwart van die be­slag in die pan­ne. S­kep die kaas­meng­sel in ho­pies bo­op.

6 Roer ’n roomkaasmengsel­mar­mer­pa­troon met ’n so­sa­tie­pen deur die koekmengsel.

7 S­kep die res van die koek­be­slag bo­op. Bak so­wat 45­50 mi­nu­te.

8 Versiersel Plaas die sui­ker, bot­ter, melk en sout in ’n ka­strol. Roer tot ge­smelt. Moe­nie dit laat kook voor die sui­ker ge­smelt het nie. Ver­hoog die tem­pe­ra­tuur en laat kook 3 mi­nu­te son­der om te roer. Meng die ver­sier­sui­ker in en roer tot dik. Laat ef­fens af­koel en s­meer oor die koek. Sprin­kel die neu­te en ’n bie­tjie sout oor.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.