Ou­li­ke pam­poen­ter­tjies

Hier­die smaak­li­ke tert­jies met geu­ri­ge spe­se­rye is op hul lek­ker­ste wan­neer hul­le nog lou­warm is.

Huisgenoot Soetgoed - - INHOUD -

15 mid­del­slag­ter­tjies of 30 klein tert­jies Be­rei­ding 20 mi­nu­te Ver­koel­tyd 20 mi­nu­te V­ries­tyd 10 mi­nu­te Bak­tyd 15-20 mi­nu­te

KORS

250 g ys­koue bot­ter, in

blok­ke ge­sny

250 ml (1 k) ver­sier­sui­ker,

ge­sif

500 ml (2 k) koek­meel 80 ml (¹⁄³ k) mie­lie­blom

VULSEL

180 ml (¾ k) bruin­sui­ker 5 ml (1 t) fyn ka­neel 2ml(½t)fyn­gem­mer knip­pie won­der­pe­per knip­pie sout

2 ei­ers en 1 ei­er­geel

500 g gaar pam­poen­pu­ree 125 ml (½ k) room

180 ml (¾ k) vol­room­melk

AFRONDING

ka­neel­sui­ker vir bo-oor sprin­kel

va­niel­je­room­ys vir voor­sit (op­si­o­neel)

Voor­ver­hit die oond tot 180 °C. S­meer die hol­tes van diep muf­fin­pan­ne.

1 Kors Plaas al die be­stand­de­le in ’n voed­sel­ver­wer­ker en ver­werk tot ’n deeg. Vorm ’n rol en ver­koel 20 mi­nu­te. Sny in sky­fies en druk in die muf­fin­pan-hol­tes vas. Sny die kan­te net­jies en plaas in die vries­kas ter­wyl jy die vulsel maak.

2 Vulsel K­lits al die be­stand­de­le saam en giet in die kor­se. Bak 15-20 mi­nu­te tot die vulsel ge­stol het.

3 Afronding Sprin­kel die ka­neel­sui­ker oor. Sit lou­warm voor saam met die room­ys in­dien ver­kies.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.