Mal­va­lek­ker­hart­jies

Kin­ders en groot­men­se is ewe dol oor hier­die spons­lek­kers.

Huisgenoot Soetgoed - - INHOUD -

So­wat 10 hart­jies Be­rei­ding 15 mi­nu­te Gaar­maak­tyd 30-40 mi­nu­te Staan­tyd 5 uur

60 ml (¼ k) mie­lie­blom 60 ml (¼ k) ver­sier­sui­ker 60 ml (¼ k) koue wa­ter 45 ml (3 e) roos­wa­ter 30 ml (2 e) ge­la­tien paar drup­pels pienk

voed­sel­kleur­sel-jel

500 ml (2 k) sui­ker

30 ml (2 e) glu­ko­se

250 ml (1 k) kook­wa­ter 3 ei­er­wit­te ek­stra ver­sier­sui­ker

S­meer ’n koek­pan van 20 x 30 cm en voer uit met bak­pa­pier.

1 Meng die mie­lie­blom en ver­sier­sui­ker en be­dek die boom van die koek­pan met ’n la­gie daar­van. Hou die res een­kant.

2 Meng die koue wa­ter, roos­wa­ter, ge­la­tien en voed­sel­kleur­sel­jel in ’n glas­bak en laat so­wat 3 mi­nu­te staan om te spons.

3 Giet ek­stra kook­wa­ter in ’n gro­ter ka­strol en plaas die glas­bak met die ge­la­tien­meng­sel bo­oor dié ka­strol tot die ge­la­tien op­ge­los het.

4 Plaas die sui­ker, glu­ko­se en 250 ml kook­wa­ter in ’n ka­strol en laat die sui­ker heel­te­mal oor lae hit­te op­los. Ver­wy­der die sui­ker teen die kan­te met ’n kwas­sie wat in warm wa­ter ge­doop is.

5 Ver­hoog die hit­te en laat die meng­sel kook tot die har­de­bal­sta­di­um (127 °C op ’n sui­ker­ter­mo­me­ter). K­lits die op­ge­los­te ge­la­tien daar­by in.

6 K­lits die ei­er­wit­te tot sty­we­punt­sta­di­um en giet die warm stroop sta­dig by die ei­er­wit­te ter­wyl ge­klits word. K­lits die meng­sel so­wat 10 mi­nu­te tot lig en dik en giet dit in die voor­be­rei­de pan. Laat 5 uur staan.

7 Sprin­kel die res van die mie­lie­blom­meng­sel bo­oor die mal­va­lek­kers.

8 Druk ’n koe­kie­druk­ker (e­ni­ge vorm) in die ek­stra ver­sier­sui­ker en druk vorms uit die ge­stol­de meng­sel. Bê­re in ’n lug­dig­te hou­er.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.