Ro­si­ge ma­krol­le­tjies

Maak dié pienk bederfies vir ’n spe­si­a­le ge­leent­heid. Jy kan ook die kleur ver­an­der.

Huisgenoot Soetgoed - - INHOUD -

20 ma­krol­le­tjies (40 helf­tes) Be­rei­ding 15 mi­nu­te Staan­tyd 20 mi­nu­te Bak­tyd 20 mi­nu­te

MA­KROL­LE­TJIES

225 g ver­sier­sui­ker

130 g fyn a­man­dels, nog fy­ner ge­maal in die voed­sel­ver­wer­ker

3 ei­er­wit­te

60 g strooi­sui­ker

’n paar drup­pels pienk voed

sel­kleur­sel-jel

GANACHE

90 g don­ker­sjo­ko­la­de, in

blok­kies ge­breek

50 ml na­tuur­li­ke vol­room

jo­gurt

Voor­ver­hit die oond tot 120 °C. Voer ’n bak­plaat uit met bak­pa­pier, be­spuit dit met kos­sproei en s­tuif met mie­lie­blom. S­kud oor­tol­li­ge mie­lie­blom af.

1 Ma­krol­le­tjies Sif die ver­sier­sui­ker en a­man­dels 3 keer saam.

2 K­lits die ei­er­wit­te tot sag­te pun­te vorm. Voeg die strooi­sui­ker le­pel vir le­pel by en k­lits tot styf en wit. Voeg die kleur­sel­jel by en k­lits tot deur­ge­meng.

3 S­kep die a­man­del­meng­sel le­pels­ge­wys by en vou lig­gies in met ’n deeg­skra­per of me­taal­le­pel.

4 S­kep die meng­sel in ’n spuit­sak met ’n gro­te­ri­ge, ron­de spuit­stuk en spuit sir­kels van 2­3 cm groot op die bak­plaat. Vryf e­ni­ge punt­jies plat met die ag­ter­kant van ’n le­pel wat in wa­ter ge­doop is. Laat 20 mi­nu­te staan tot ’n “vel­le­tjie” op die op­per­vlak ge­vorm het. Bak 20 mi­nu­te of tot die ma­krol­le­tjies met ’n pa­let­mes van die bak­plaat af­ge­lig kan word. Laat op die bak­plaat af­koel.

5 Ganache S­melt die s­jo­ko­la­de in die mi­kro­golf­oond. Roer el­ke 15 se­kon­des. Roer die jo­gurt by en laat af­koel tot dik. Plak ma­krol­le­tjies twee­twee met die ganache op me­kaar en laat staan tot ste­wig.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.