Bros­brood­hart­jies

Hier­die koekies het ’n heer­li­ke kon­fyt­ver­ras­sing bin­ne. Dis boon­op mak­lik en vin­nig om die deeg in die voed­sel­ver­wer­ker aan te maak.

Huisgenoot Soetgoed - - INHOUD -

30 ge­vul­de hart­jies Be­rei­ding 10 mi­nu­te Ver­koel­tyd 15 mi­nu­te Bak­tyd 12-15 mi­nu­te

BROSBROOD

250 g bot­ter

15 ml (1 e) roos­wa­ter

250 ml (1 k) ver­sier­sui­ker 500 ml (2 k) koek­meel 80ml(¹ ⁄₃ k) mie­lie­blom 45 ml (3 e) pa­pa­wer­saad­jies

VULSEL EN VERSIERING

room­kaas aar­bei­kon­fyt melk ge­kleur­de sui­ker ver­sier­sui­ker vir oor­sif

Voor­ver­hit die oond tot 180 °C. Spuit ’n paar bak­pla­te.

1 Brosbrood Ver­werk die bot­ter en roos­wa­ter in ’n voed­sel­ver­wer­ker tot ro­me­rig. Voeg die ver­sier­sui­ker, koek­meel, mie­lie­blom en saad­jies by en ver­werk tot ’n sty­we deeg wat ’n bal om die lem vorm. S­kep uit en ver­koel 15 mi­nu­te.

2 Rol die deeg 3 mm dik uit en druk har­te uit.

3 Vulsel en versiering Pak die helf­te van die deeg­har­te op die bak­plaat, plaas ’n skep­pie room­kaas bo­op, ge­volg deur ’n le­pel­tjie kon­fyt. Verf die kan­te met wa­ter. Plaas nog ’n deeg­hart bo­op en druk die kan­te met ’n vurk vas. Sny ’n krui­sie in die mid­del.

4 Verf melk bo­oor el­ke koe­kie en sprin­kel die ge­kleur­de sui­ker oor.

5 Bak 12­15 mi­nu­te. Laat ef­fens op die bak­pla­te af­koel. Plaas dan op ’n draad­rak om heel­te­mal af te koel. S­tuif met ver­sier­sui­ker.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.