Hart­koek­brood

Die spat­sel kleur in die mid­del van dié koek­brood is ’n heer­li­ke ver­ras­sing wan­neer dit ge­sny word.

Huisgenoot Soetgoed - - INHOUD -

1 koek­brood Be­rei­ding 40 mi­nu­te V­ries­tyd 40 mi­nu­te Bak­tyd 20-25 mi­nu­te + 25 mi­nu­te

BOTTERKOEKBESLAG

(Maak 2 keer, sien me­to­de*) 120 g bot­ter

250 ml (1 k) sui­ker

5 ml (1 t) va­niel­je­geur­sel 2 ek­stra­groot ei­ers

500 ml (2 k) koek­meel

10 ml (2 t) bak­poei­er

1 ml (¼ t) sout

125 ml (½ k) melk so­wat 25 drup­pels rooi voed­sel­kleur­sel

VERSIERSEL

375 ml (1½ k) ver­sier­sui­ker so­wat 40 ml melk

5 ml (1 t) bot­ter, ge­smelt 2 ml (½ t) va­niel­je­geur­sel

Voor­ver­hit die oond tot 190 °C. S­meer ’n bak­plaat en mid­del­slag­brood­pan goed met bot­ter en s­tuif met meel.

1 Botterkoekbeslag (rooi har­te) K­lits die bot­ter en sui­ker saam tot ro­me­rig. K­lits die geur­sel by en voeg die ei­ers een­een by.

2 Sif die meel, bak­poei­er en sout saam.

Vou om die beurt met die melk by die bot­ter­meng­sel in. Voeg die kleur­sel by en meng. Giet in die bak­plaat.

3 Bak so­wat 20­25 mi­nu­te of tot ’n toets­pen skoon uit die mid­del kom. Laat af­koel en vries tot ste­wig. Druk met ’n koe­kie­druk­ker har­te uit.

4 Botterkoekbeslag (koek­brood)

* Maak die be­slag nog ’n keer aan, maar moe­nie die voed­sel­kleur­sel by­voeg nie. Voeg ’n ek­stra 125 ml (½ k) melk by.

5 Giet ’n bie­tjie van die be­slag in die brood­pan; ge­noeg om die bo­dem te be­dek. Pak die rooi har­te in ’n en­kel­ry styf teen me­kaar in die mid­del van die pan, punt­jies na bo. Giet die res van die be­slag ver­sig­tig oor en om die har­te.

6 Bak so­wat 25 mi­nu­te tot gaar. Plaas ’n plank op die pan as die har­te bo die koek uit­steek. Laat af­koel. Keer die koek op ’n koek­bord om.

7 Versiersel Meng die ver­sier­sui­ker, melk, bot­ter en geur­sel tot glad. Giet oor die om­ge­keer­de koek. Laat staan tot die versiersel ste­wig is.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.