Yster­var­kies

Bere­ni­ce Bro­wn van Oos­lon­den het die re­sep vir hier­die ge­wil­de Aus­tra­lie­se happies met ons ge­deel.

Huisgenoot Soetgoed - - INHOUD -

24-28 yster­var­kies Be­rei­ding 15 mi­nu­te Bak­tyd 30-35 mi­nu­te Gaar­maak­tyd 10 mi­nu­te

VANIELJESPONSKOEK

500 ml (2 k) strooi­sui­ker 4 groot ei­ers

250 ml (1 k) kook­o­lie

5 ml (1 t) va­niel­je­geur­sel 750 ml (3 k) meel, ge­sif 15 ml (1 e) bak­poei­er

250 ml (1 k) melk

SJOKOLADESOUS

250 ml (1 k) kook­wa­ter 60 ml (¼ k) sui­ker

60 ml (¼ k) ka­ka­o­poei­er 15 ml (1 e) bot­ter

AFRONDING

droë klap­per

Voor­ver­hit die oond tot 180 °C en s­meer ’n pan­van30x20cm.

1 Vanieljesponskoek K­lits die strooi­sui­ker en ei­ers in ’n men­ger tot lig en don­sig. Voeg die o­lie en va­niel­je­geur­sel by en meng goed. 2 Sif die meel en bak­poei­er by die ei­er­meng­sel en voeg die melk bie­tjie vir bie­tjie by.

3 Giet die meng­sel in die voor­be­rei­de pan en bak 30­35 mi­nu­te of tot goud­bruin. Laat die koek heel­te­mal af­koel.

4 Sjokoladesous Ver­hit die kook­wa­ter, sui­ker, ka­kao en bot­ter in ’n ka­strol oor lae hit­te ter­wyl jy af en toe roer tot die sui­ker op­ge­los het en dit be­gin kook. Laat af­koel. 5 Afronding Sny die koek in vier­kan­te van 4 cm elk. Doop die koek­vier­kan­te in die sjokoladesous en rol in die klap­per.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.