Rol­poe­ding

Hier­die tra­di­si­o­ne­le B­rit­se kon­fyt­poe­ding is die per­fek­te troos­kos en dis heer­lik saam met vla.

Huisgenoot Soetgoed - - INHOUD -

Ge­noeg vir 6 men­se Be­rei­ding 20 mi­nu­te Gaar­maak­tyd 10 mi­nu­te Bak­tyd 35 mi­nu­te

POEDING

125 ml (½ k) bot­ter

125 ml (½ k) sui­ker

3 ei­ers

560 ml (2¼ k) koek­meel

5 ml (1 t) fyn gem­mer

10 ml (2 t) bak­poei­er

125 ml (½ k) kon­fyt (geur van

jou keu­se)

STROOP

375 ml (1½ k) kook­wa­ter 125 ml (½ k) melk

250 ml (1 k) sui­ker

45 ml (3 e) bran­de­wyn

3 heel na­el­tjies

2 stuk­ke pyp­ka­neel ge­ras­per­de skil van 1 le­moen

vla vir voor­sit

Voor­ver­hit die oond tot 180 °C en spuit ’n bak van 20 cm met kos­sproei.

1 Poeding Ver­room die bot­ter en die sui­ker en k­lits die ei­ers een vir een by. Sif die meel, gem­mer en bak­poei­er by die bot­ter­meng­sel en meng goed.

2 Rol die deeg uit op ’n meel­be­strooi­de op­per­vlak en s­meer met die kon­fyt. Rol die deeg op soos ’n rol­koek en sny in sir­kels van 2,5 cm. Pak die deeg­sir­kels styf teen me­kaar in ’n oond­bak.

3 Stroop Meng al die be­stand­de­le saam in ’n ka­strol en ver­hit tot die sui­ker ge­smelt het en die stroop net kook. Ver­wy­der die na­el­tjies en pyp­ka­neel. Giet die stroop oor die poeding en bak 35 mi­nu­te in die ver­hit­te oond tot gaar.

4 Sit voor saam met vla.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.