Kits­fud­ge

Jy’t min­der as ’n half­uur no­dig om hier­die mak­li­ke fud­ge aan me­kaar te slaan – dis reg­tig kits­fud­ge! Dié re­sep kan in­ge­span word vir van skool­koek­ver­ko­pings tot ge­sken­ke vir vrien­de.

Huisgenoot Soetgoed - - INHOUD -

So­wat 36 blok­kies Be­rei­ding 12 mi­nu­te Gaar­maak­tyd 12 mi­nu­te

30 ml (2 e) bot­ter, ge­smelt 500 g (750 ml of 3 k) ver­sier­sui­ker

1 blik­kie (385 g) kon­dens­melk

125 ml (½ k) bot­ter

100 ml ha­sel­neu­te, ge­kap

5 ml (1 t) va­niel­je­geur­sel

S­meer ’n koek­pan van 20 cm x 20 cm met die ge­smel­te bot­ter, voer uit met bak­pa­pier en s­meer nog ’n la­gie bot­ter op die pa­pier.

1 Sif die ver­sier­sui­ker in ’n groot glas­meng­bak (of e­ni­ge bak wat mi­kro­golf­be­stand is) en meng met die kon­dens­melk en bot­ter.

2 Mi­kro­golf die meng­sel 2 mi­nu­te op vol­le krag en k­lits goed met ’n hand­klit­ser.

3 Mi­kro­golf nog 10 mi­nu­te en roer ná el­ke 5 mi­nu­te goed. Meng die neu­te en va­niel­je­geur­sel by en klop die meng­sel met ’n hout­le­pel tot dit ef­fens ver­dik.

4 Giet die meng­sel in die voor­be­rei­de pan en maak dit ge­lyk of glad met ’n le­pel. Sny die fud­ge in blok­kies voor dit stol. Laat dit hard word en lig uit die pan met ’n spaan.

WENK

Pak die fud­ge in ’n lug­dig­te hou­er met la­gies was­pa­pier tus­sen­in en bê­re dit in die ys­kas.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.