’N DAG OM TE ONT­HOU

Huisgenoot Trou - - Voorblad -

DAAR sal waar­skyn­lik nie weer ’n dag in jou le­we kom dat jy so­veel moei­te met jou voor­koms en rok sal doen nie. En dalk sal jy nooit weer so ’n groot fees­vie­ring re­ël soos vir jou trou­dag waar al­les om jou, jou man, jul lief­de en die sa­me­syn met vrien­de en fa­mi­lie draai nie. En dit sluit na­tuur­lik in ’n fees­maal, prent­jie­mooi de­kor, blom­me en ver­sie­rings wat op ’n Pin­te­rest-bord tuis­hoort.

In dié gids wys ons jul­le 20 in­spi­re­ren­de trou­es van le­sers en be­ken­des, waar­on­der die ak­tri­se Rolanda Ma­rais se antieksjiek troue (bl. 12) en die grap­jas Emo A­dams se e­le­gan­te brui­lof in die Bo­land (bl. 8).

Ons stel ook ’n pa­neel ken­ners uit die trou­be­dryf be­kend (bl. 6). Hul­le ver­skaf deur die tyd­skrif heen raad en wen­ke wat jou met jou be­plan­ning sal help. Ge­niet el­ke stap daar­van, wees kre­a­tief, dink oor­spronk­lik, droom groot en laat die lief­de se­ë­vier.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.