KLASSIEK MET ’N KIN­KEL

Huisgenoot Trou - - Inhoud -

Da­vid John­son en Bi­an­ca le Gran­ge sê ja op ’n wyn­plaas

EG­PAAR: Bi­an­ca le Gran­ge & Da­vid John­son TROUPLEK: Zorg­vliet-wyn­land­goed, S­tel­len­bosch BE­GRO­TING: R320 000 GAS­TE: 240 ’N STELLENBOSSE wyn­plaas teen die Hels­hoog­te-pas met ’n a­sem­ro­wen­de uit­sig oor die Bo­land het die per­fek­te ag­ter­grond ge­vorm op die trou­dag van die san­ge­res Bi­an­ca le Gran­ge (34) en haar ver­loof­de, die akteur, skry­wer en re­gis­seur Da­vid John­son (35).

Die twee het me­kaar in 2012 by die G­hoe­ma­toe­ken­nings­aand ont­moet en in De­sem­ber ver­le­de jaar is hul­le ge­troud in ’n klein ka­pel­le­tjie op die Zorg­vliet-land­goed by S­tel­len­bosch.

Maar die dag was nie son­der dra­ma nie. Die twee is ’n paar uur voor die troue na ’n in­ko­pie­sen­trum op S­tel­len­bosch om gou ’n paar laas­te din­ge­tjies aan te skaf. Maar toe ver­loor hul­le me­kaar tus­sen al die men­se . . . en Bi­an­ca los Da­vid net daar! Hul­le het me­kaar eers weer voor die kan­sel ge­sien. Sy eer­ste woor­de was: “Jy het my in die mall ge­los!”

20

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.