GESELLIGE BOEREMAKIETIE

Huisgenoot Trou - - Inhoud -

Ger­rie Ros­souw en Car­na van Wyk hou ’n spog­ge­ri­ge plaas­fees

EG­PAAR: Car­na van Wyk & Ger­rie Ros­souw TROUPLEK: A­z­rek-per­de­plaas, Bot­ha­vil­le BE­GRO­TING: Nie be­skik­baar nie GAS­TE: So­wat 470 SO­WAT ’n jaar na­dat hul­le ky­kers se har­te ge­steel het in die kykNET-reeks Boer Soek ’n Vrou, het Car­na van Wyk (24) en Ger­rie Ros­souw (33) af­ge­haak net bui­te Bot­ha­vil­le, Ger­rie se t uis­dorp. Dis geen ver­ras­sing dat dié troue ’n plaas­te­ma ge­had het nie – nie net boer Ger­rie bui­te die dorp met bees­te, mie­lies, son­ne­blom­me en so­ja­bo­ne nie – sy bruid het ook self land­bou-e­ko­no­mie en vee­kun­de stu­deer.

Vir Car­na was die groot­ste oom­blik toe sy aan haar pa, Her­man, se sy by die paad­jie af­stap. “Dit was e­mo­si­o­neel en die deel waar­oor ek die se­nu­ag­tig­ste was. Maar toe ons eers voor die kan­sel staan, was al­le se­nu­wees ver­by en kon ons nie wag dat ons le­we saam be­gin nie.” Ná die se­re­mo­nie in die NG Kerk Bot­ha­vil­le het al­mal af­ge­sit na ’n per­de­plaas 10 km bui­te die dorp vir ’n groot boeremakietie.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.