BRUI­LOF OP ’N HERFSTAPYT

Huisgenoot Trou - - Inhoud -

An­ja en Jo­sua sweer trou tus­sen bla­re en blom­me

EG­PAAR: An­ja Pie­ters & Jo­sua van Zyl TROUPLEK: Roode­zand, Tul­bagh BE­GRO­TING: R120 000 GAS­TE: 80 AN­JA (31), ’n ontwerper, en Jo­sua (33), ’n ny­wer­heids­ma­ke­laar, het ses jaar lank uit­ge­gaan na­dat ge­meen­skap­li­ke vrien­de hul­le aan me­kaar voor­ge­stel het. Die twee Ka­pe­naars se ver­hou­ding was erns­tig, maar An­ja ver­tel sy het geen i­dee ge­had of en wan­neer Jo­sua die groot vraag sou vra nie. En toe oor­tref sy hu­we­liks­aan­bod haar wild­ste dro­me.

“Ons was in 2013 met va­kan­sie in New York en het een dag op ’n klein boot­jie op ’n meer in Cen­tral Park uit­ge­vaar. Ek het niks ver­moed nie (om die waar­heid te sê, het ek hom op­draan­de ge­gee oor sy roei­vaar­dig­he­de), en toe sak hy op al­bei knieë af in die boot­jie, wat toe am­per om­slaan, en vra my om die res van my le­we saam met hom deur te bring. Dit was die mooi­ste ver­ras­sing en hu­we­liks­aan­bod. Ek sal dit nooit ver­geet nie.”

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.