BLY KALM EN KRY ALS GE­DOEN

Be­plan jou trou­dag son­der stres met dié nut­ti­ge s­ke­du­le

Huisgenoot Trou - - Inhoud -

Wees ge­reed vir T-dag met ons trou­s­ke­du­le en brui­lof­be­gro­ting

12 MAAN­DE

• Stel ’n trou­da­tum vas. • Stel ’n be­gro­ting op en be­sluit wie vir wag gaan be­taal – kyk na ons prak­tie­se be­gro­tings­gids op bl. 113. • Kies ’n te­ma, styl en kleur­ske­ma. • Be­spreek die trouplek en die per­soon

wat die se­re­mo­nie gaan be­har­tig. • Maak i­dees by­me­kaar op ’n aan­steek­bord of in ’n plak­boek of lê­er.

11 MAAN­DE

• Stel ’n voor­lo­pi­ge gas­te­lys op. • Kon­tak ’n troubeplanner as jy een wil

ge­bruik. • Kry kwo­ta­sies van diens­ver­skaf­fers.

10-9 MAAN­DE

• Fi­na­li­seer die gas­te­lys. • Be­gin soek na ’n trou­rok of laat dit ont­werp. • Kies ’n ge­volg en be­spreek hul uit­rus­tings. Be­spreek al­mal se plig­te met hul­le. • Be­spreek ’n spy­se­nier, fo­to­graaf, vi­de­o­graaf, bloe­mis, ver­maak­ver­skaf­fers, troukoekbakker en ver­blyf. • Skep ’n trou-web­tuis­te waar­op trou­in­lig­ting met gas­te ge­deel kan word.

8-7 MAAN­DE

• Be­spreek ’n de­kor­be­plan­ner en dit wat

die trouplek nie het nie, bv. stoe­le. • Be­spreek ’n haarstilis en grimeerkunstenaar en koop trou­skoe­ne. • Be­gin die spyskaart be­plan. • Stuur ’n hou-die-da­tum-oop-bood­skap.

Sluit die web­tuis­te se a­dres in. • Be­spreek dans­les­se in­dien no­dig.

6-5 MAAN­DE

• Re­gis­treer ge­skenk­lys­te by win­kels. • Ont­werp en be­stel die uit­no­di­gings. • Be­gin die wit­te­brood be­plan. Maak se­ker jul­le het al die no­di­ge reis­do­ku­men­te. • Be­sluit op ’n se­re­mo­nie­mees­ter.

4-3 MAAN­DE

• Stuur die uit­no­di­gings uit. • Be­plan die ta­fel­lys­te vir die ont­haal,

as­ook die se­re­mo­nie­pro­gram. • Be­stel trou­rin­ge en haal dit af of

te­ken aan wan­neer jy dit moet af­haal. • Tref ver­voer­re­ë­lings. • Be­stel ge­sken­ke vir die gas­te en

ge­volg. • Fi­na­li­seer die spyskaart en wyn­lys.

2 MAAN­DE

• Be­spreek be­son­der­he­de met die DJ. • Spreek ’n pro­ku­reur oor jul hu­we­liks­kon­trak. • Re­ël die trou­li­sen­sie. • Koop by­kom­stig­he­de. • Be­gin jou trou­skoe­ne by die huis dra so­dat hul­le jou nie op jou trou­dag druk nie. • Be­spreek jou i­dees en wat­ter soort

foto’s jy wil hê met die fo­to­graaf.

1 MAAND

• Gaan pas vir ou­laas jou rok aan. • Fi­na­li­seer die gas­te­lys. • Fi­na­li­seer die trou­dag­ske­du­le. • Skryf toe­spra­ke en hu­we­liks­be­lof­tes. • Be­stel die laas­te skryf­be­hoef­tes. • Doen ha­re- en gri­me­ring­proef­lo­pies. • Kon­tro­leer en be­ves­tig fi­na­le re­ë­lings

met diens­ver­skaf­fers.

2-1 WE­KE

• Gaan haal jou trou­rok. • Maak se­ker die brui­de­gom en ge­volg

se kle­re is ge­reed. • Be­ves­tig die aan­tal gas­te, tyd, plek, en spe­si­a­le be­hoef­tes met die spy­se­nier.

3 DAE

• Pak jou wit­te­brood­stas. • Be­derf jou met die laas­te skoon­heids­be­han­de­lings voor jou troue. • Be­taal diens­ver­skaf­fers se re­ke­nin­ge.

2 DAE

• Doen ’n proef­lo­pie van die se­re­mo­nie op die trouplek op min of meer die­self­de tyd as wat die troue gaan wees.

’N DAG VOOR DIE TROUE

• Gee die rin­ge vir die strooi­jon­ker. • Oe­fen jou toe­spra­ke.

WEN­KE

Pak ’n nood­hulp­tas­sie vir jou trou­dag met ’n skêr, haar­sproei, spel­de, pleis­ters, naald­werk­stel­le­tjie, wa­ter, han­de­room, ens. Vra ’n strooi­mei­sie om dit te hou.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.