KOEKELOER

Dis die hoog­te­punt van jou ont­haal, en die sny van die trou­koek sorg vir die vol­maak­te ont­hou-foto. Kies dus slim!

Huisgenoot Trou - - Inhoud -

Kies ’n trou­koek wat ’n stel­ling maak – en eet dit dan

DAAR is min din­ge so si­no­niem met trou­es as die koek. Daar­die ma­je­stu­eu­se lae, die in­ge­wik­kel­de de­tail, die ryk spons­koek in de­ka­den­te geu­re en ’n ro­me­ri­ge vul­sel – net die ge­dag­te daar­aan maak jou som­mer ge­luk­kig! Om die waar­heid te sê is trou­koe­ke so prag­tig en spe­si­aal dat ’n mens am­per nie lus is om dit op te kerf nie – maar jy moet! Voor jul­le eg­ter die mes in­lê, moet die gas­te ge­noeg tyd hê om die skep­ping be­hoor­lik te be­won­der.

I­de­aal ge­spro­ke moet koeke ’n jaar voor­uit be­stel word of an­ders nie la­ter as drie maan­de voor jou troue nie.

Be­gin jou soek­tog na die vol­maak­te koek en bak­ker deur kers op te steek by vrien­de en fa­mi­lie met die­self­de smaak as jy. Be­kyk daar­na die bak­kers se han­de­werk aan­lyn of in tyd­skrif­te. Re­ël dan ont­moe­tings en proe­ses­sies met die bak­kers van jou keu­se. Neem foto’s saam van koeke waar­van jy hou, kleur­kaar­te en – as jy kan – ’n trou­da­tum en be­gro­ting vir jou koek. Kom­mu­ni­ka­sie tus­sen jou en die bak­ker is baie be­lang­rik en jy moet ook ’n dui­de­li­ke i­dee hê van wat jy soek – te veel i­dees en keu­ses lei tot ver­war­ring en stres.

Maak se­ker die bak­kers het ver­wy­sings by wie jy oor hul werk kan na­vraag doen, ver­al oor in­ge­wik­kel­de de­tail wat jy op jou koek wil hê, soos voor­let­ters, kra­le­werk, plooie, sier­let­ters, spuit­ver­sier­sel, ’n mar­mer-ef­fek, om­bre en sui­ker­blom­me.

Vra wat­ter geu­re hul­le bied en of hul­le an­der spons- en vul­sel­geu­re het. Ons soek­tog op die web­tuis­tes van trou­koek­bak­kers het ’n ver­skei­den­heid in­te­res­san­te geu­re op­ge­le­wer, soos spons in sjo­ko­la­de­ker­sie, va­niel­je­melk en vul­sels in so­da­crè­me, bor­rel­gom en Turk­se lek­kers.

As jy nie ’n sui­ker­tand het nie, is ’n koek van ka­se ’n op­sie (kyk na foto 3 op bl. 111). BRON­NE: TES­SA DASOPATIS VAN TES­SA’S BA­KE­RY IN MONTAGUE GAR­DENS, KAAP­STAD, THEKNOT.COM, BRIDALGUIDE.COM, MARTHASTEWARTWEDDINGS. COM

1 CHARLY’S BA­KE­RY, KAAP­STAD. 2 EDIBLE ART CA­KES, KAAP­STAD. 3 THE CHEESE CA­KE, JO­HAN­NES­BURG. 4 WICKED C­RE­A­TI­ONS, JO­HAN­NES­BURG. 5 EDIBLE ART CA­KES, KAAP­STAD. 6 MAL­BER­RY CA­KES, P­RE­TO­RIA EN JO­HAN­NES­BURG. 7 TES­SA’S BA­KE­RY, KAAP­STAD. 8 TES­SA’S BA­KE­RY, KAAP­STAD. 9 CA­KES BY WA­DE, KAAP­STAD

4

9

3

6

8

1

7

2

5

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.