EEN­VOUD IN ’N WOUD

Huisgenoot Trou - - Inhoud -

Kel­ly en Ty­ro­ne sweer trou op ’n in­tie­me bos-pleg­tig­heid

EG­PAAR: Kel­ly Mac La­chlan & Ty­ro­ne Da­vies TROUPLEK: T­sitsi­kam­ma-woud­plan­ta­sie na­by Wi­tels­bos (tus­sen P­let­ten­berg­baai en Hu­mans­dorp) BE­GRO­TING: So­wat R60 000 GAS­TE: 11 TY­RO­NE DA­VIES (29) en Kel­ly Mac La­chlan (27) het in 2007 op Ma­da­gas­kar ont­moet. Ty­ro­ne, ’n bou­be­plan­ner, het daar aan ’n pro­jek ge­werk en Kel­ly, ’n fi­si­o­te­ra­peut wat toe nog stu­deer het, het by haar pa ge­kui­er wat aan die­self­de pro­jek ge­werk het.

Ná agt jaar saam (wat ’n lang­af­stand­ver­hou­ding van vyf jaar en ’n kort ver­lo­wing in­sluit) het hul­le me­kaar in ’n in­tie­me trou­se­re­mo­nie in ’n woud­plan­ta­sie die ja­woord ge­gee.

“Ons stel nie be­lang in die ui­ter­li­ke ver­toon waar­aan men­se dees­dae trou­es meet nie. Vir ons was die troue ’n sim­bool van ons be­sluit om die lang­af­stand­ver­hou­ding te be­ëin­dig en die men­se te be­dank wat hier­die reis saam met ons mee­ge­maak het,” sê Kel­ly.

Die ont­haal was ’n fa­mi­lie-ete die aand voor­af by ’n re­stau­rant op P­let­ten­berg­baai.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.