PRETTIGE AFFÊRE

Huisgenoot Trou - - Inhoud -

Hay­ley en Ro­bin wys hul­le is lief vir me­kaar én vir speel

EG­PAAR: Hay­ley de Van­tier & Ro­bin Nixon TROUPLEK: Rock­ha­ven Farm, El­gin BE­GRO­TING: Nie be­skik­baar nie GAS­TE: 90 VIER jaar na­dat hul kan­toor­ro­man­se be­gin blom het op kan­toor­par­ty­tjies en vroeg­og­gend-ge­sel­sies by ’n ad­ver­ten­sie-a­gent­skap in Kaap­stad, het Hay­ley (29), ’n fo­to­graaf, en Ro­bin (32), ’n be­mar­king­stra­teeg, ver­loof ge­raak.

Hul­le was op be­soek aan Wil­der­nis in die Suid-Kaap. “Ons het teen son­on­der op die strand ge­stap toe Ro­bin ’n bie­tjie ag­ter­raak. Toe ek om­draai om te kyk waar hy is, sien ek hy staan op sy een knie met ’n prag­ti­ge rooi bok­sie in sy han­de,” ver­tel Hay­ley. In die bok­sie was ’n ro­byn-en-di­a­mant-ver­loof­ring. “Hy het ge­vra of ek sy vrou sou wees. Ek het ja ge­sê en die ring on­mid­del­lik aan­ge­sit! Toe ons hand in hand na die ho­tel te­rug­stap, het Ro­bin sy guns­te­ling-aan­ha­ling uit Die Klein Prin­sie met my ge­deel: “Dit is net met die hart dat ’n mens reg­tig kan sien wat eint­lik vir die oog on­sig­baar is.”

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.