GLANS­RYK IN SWART EN GOUD

Huisgenoot Trou - - Inhoud -

Jo­ni­ce en Wi­an doen dit def­tig

EG­PAAR: Jo­ni­ce de Vil­liers & Wi­an Laid­law TROUPLEK: Landt­s­cap, S­tel­len­bosch BE­GRO­TING: R150 000 GAS­TE: 40 WI­AN LAID­LAW (31) en Jo­ni­ce de Vil­liers (32) was al 18 maan­de ’n paar­tjie toe hy ty­dens ’n va­kan­sie in Botswa­na die ja­woord vra.

“Hul­le sê om jul lief­de te toets, moet jul­le saam­reis. Dit het vir ons ge­werk!” laat hoor Jo­ni­ce, ’n grimeerkunstenaar en haarstilis. Toe Wi­an, ei­e­naar van ’n ver­voer­maat­skap­py, die groot vraag vra, het sy dus da­de­lik in­ge­stem.

Hul trou­dag agt maan­de la­ter by Landt­s­cap bui­te S­tel­len­bosch was ’n spog­ge­leent­heid vol spran­ke­len­de swart, goud en kris­tal – lig­ja­re ver­wy­der van hul kam­p­a­von­tuur in die bos.

Hoe­wel die se­re­mo­nie van bui­te na bin­ne moes skuif weens ’n y­si­ge wind, het die P­re­to­ri­a­se paar­tjie hul dag ga­te uit ge­niet. “Die on­ver­geet­lik­ste was toe ek met die paad­jie af­stap en ons me­kaar sien – niks kan met daar­die ge­voel ver­ge­lyk word nie,” sê Jo­ni­ce.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.